Geskeurde boeke deur Lynelle Clark
Geskeurde boeke Wanneer jy my omgekrap wil hê, gee vir my ‘n geskeurde boek. Of dit nou ‘n tydskrif is, inkleurboek of leesboek, ek heg waarde aan elke soort boek denkbaar. Nou nog te meer omdat ek die proses van boeke beter verstaan. Die anderdag gesels ek en ‘n mede skrywer daaroor en die swak […]
Vrede in my hart (Brons)
Elna Bester kyk by haar kamer venster uit, dit is vandag presies twee jaar gelede wat haar ma oorlede is. ‘n Wilde wind pluk-pluk aan die gordyne, en sy voel effens hartseer vanoggend. Sy is ‘n mooi vrou met donker hare, en grasgroen oë wat dadelik jou oog vang. Sy is ook deur ‘n stormagtige […]
Siel vasgevang
grenslose eindige vernietiging vasgevang tussen tralies bedink in ysverweerde sel tussen yster en mure ‘n laaste groet kom aan einde wat besiel denke aandadig aan nog een in lewe vasgevang ploeter voort asof niks gebeur maar tussen vier mure ‘n laaste besluit oorgegee ‘n besluit is geneem en uitgevoer stof tot nadenke gryp iemand aan […]
Terug in tyd deur Lynelle Clark
“Wat maak jy?” vra Melandi met ‘n defnitiewe toon van frustrasie. Vandat Pieter dit in sy kop gekry het om terug in tyd te gaan sien sy hom bitter min. Hy is alewig besig met iets in die werkswinkel. Wanneer sy vra dan sê hy net: ‘Jy sal sien.’ “Amper klaar dan kom ek.” Hy […]
Huil
Huil Huil maar liewer liewe kind strooi jou swaarkry op die droë stof van vergange vestings en soos ‘n skroeiskerm teen die son lok jy daarmee ‘n lowergroen skouspel van sierade met patrone van laplande teen weergalose wolklose hemele in skemerskadus wat jou tragedies toedraai in kantlose katoen en wegbêre tot more..
Vrouemaand is ‘n maand om te vier
Dit is vrouemaand, ‘n maand waar Vrouwees gevier word en elke vorm denkbaar. Ons het soveel om te gee en verwag so min in ruil daarvoor tog is daar soveel vroue wat nogsteeds wegkruip agter vier mure van verwaarlosing. Vrouens wat hulself heeltemal verloor het en niemand doen iets om hul daaruit te haal nie. […]
As Die Donker weer kom
Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens. ‘n Aspirasie. ‘n Verlange. ‘n Begeerte. Jy werk hard. Jy glo. Hierdie gaan ‘n pragtige huisie wees. En dan, kom ‘n wind en die huisie stort in duie. Dalk is dit nie eers ‘n harde wind nie, maar ‘n ligte bries. […]
Hier
Dit is laatmiddag toe my bande hand skud met die grondpad. Soos ou vriende in omhelsing kleef die stof aan die rubber terwyl dit kort-kort in omwenteling terugkeer en elke maal weer van vooraf met die sand kennis maak. Ek was nog nooit hier nie maar my siel onthou iets. Ek vermoed dit is my […]
Genesis II (Brons 600 woorde)
“Dagboek inskrywing 20 Maart 2025. Wie van ons het nie al aan die groot D woord gedink nie? Daardie “Doomsday” profesie wat onder die mat ingevee word. Jy steur jou nie daaraan nie, maar tog krap dit in jou agterkop. Wanneer jy na wêreld statistieke kyk besef jy dat dit dalk nader is as wat […]
Die Mis (silwer)
Dit het ons drie dae geduur voordat ons vorms in die mis begin sien het. Alhoewel ek die ander met toorkrag aan my vasgemaak kon voel, kon ek hulle nie sien nie; selfs my eie hande was ‘n wasige gemors – my oë help my glad nie. Die mis het op ons neergedaal die oomblik […]