
Vrede in my hart (Brons)
Elna Bester kyk by haar kamer venster uit, dit is vandag presies twee jaar gelede wat haar ma oorlede is. ‘n Wilde wind pluk-pluk aan die gordyne, en sy voel effens hartseer vanoggend. Sy is ‘n mooi vrou met donker hare, en grasgroen oë wat dadelik jou oog vang. Sy is ook deur ‘n stormagtige huwelik, en is besig om te skei. Sy is haar ouer suster ewig dankbaar dat sy haar huisvesting gee terwyl die skeisaak aan die gang is.
Dan haar twee kinders uit ‘n vorige huwelik wat nou twaalf is, ‘n pragtige tweeling seun en dogter. Sy mis hulle elke dag met ‘n moeders’hart wat huil, en kan nie wag vir die tyd om weer naby hulle te wees nie. Hulle is haar grootste vreugde en geskenk wat God haar kon gee. Soms het dit gevoel sy kan nie meer nie, maar haar geloof en kinders het haar gedra tot waar sy nou is.
Dit is Saterdag en sy gaan haar suster in die vetkoek winkel help, soms bak sy ook piesang brode met bestellings. Dit is koud en sy sit haar missie op , haal ‘n vrolike serp uit die kas en draai dit om haar nek.
“Mŏre Sus, het jy lekker geslaap”
“Ja dankie, en jy Elna?”
“Soos ‘n baba dankie Marie, die plaaslig en stilte werk soos ‘n slaappil.”
Haar swaer Johan neem hulle dorp toe met die bakkie, die plaaspad is baie stamperig. Daar is altyd ‘n atmosfeer tussen haar en Johan, maar dinge van lank terug wat nog steeds soos ‘n donker wolk bo haar hang. Al die storms in haar lewe was swaar, maar sy moet veg en moed hou, God se belofte is Groot aan die anderkant. Dit was ‘n besige dag, die dorpsmense is gaande oor die vetkoeke, sommiges kom van heinde en ver net om te kom koop. Moeg en uitgeput val Elna laat daardie middag op haar bed neer, en gee haarself oor aan ‘n diepe slaap.
Sy word wakker met ‘n heerlike reuk van lam kerrie bredie vanuit die kombuis. Lui-lekker strek sy haar uit en gaan sluit aan by die res. Sy weet soms nie wat sou van haar geword het nie, beide haar ouers en twee broers is oorlede. Haar suster is die enigste een wat nog daar is vir haar, sy kry haar soms so bitter jammer sy kry ook maar swaar met haar man se nukke en grille. Maar sy bly by hom ten spyte van als, suinigheid is egter sy doodskussing. Maak alles self reg, met spoeg en plak soos haar suster altyd sê.
Die volgende oggend verras haar twee kinders haar met ‘n besoek, sy was so opgewonde om die tweeling weer te sien. Hulle kuiers is nou baie beperk, sy kan nie net gaan kuier wanneer sy wil nie. Afstand en finansies maak dit nie altyd moontlik nie, sy is tans werkloos.
“Mamma Elna, ons mis jou so baie.”
Sy gee elkeen ‘n stywe drukkie, en vryf speels Danie se kuif deurmekaar. Hy speel rugby en blink uit in die sport, sy is so trots op hom. Altwee is ewe spesiaal, hulle is haar hele lewe die rede vir haar bestaan.
Oppad Centurion toe dink sy baie, sy gaan ‘n nuwe prokureur sien wat haar skeisaak oorneem. Die vorige een was nie van veel nut nie, sy is ook nie oop vir enige verhouding nou nie, en het haar onttrek. Haar doel is om nou so vinnig moontlik deur hierdie dilemma te kom, en weer normaal met haar lewe aan te gaan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek