Wilde perd van Afrika
(Brons)
Soos die wilde wind hardloop hulle vry deur die vlaktes, met strepe wat blink in die son, en met hoewe vas op Afrika grond. Groot sterk diere maar altyd waaksaam, vir wat om hulle aangaan. Wei in troppe, en wanneer die son sak lyk hulle asemrowend mooi wanneer hul wegsmelt tussen lug en skaduwee.
Gevaar dreig egter om elke hoek en draai, hulle grootste bedreigings is leeus, luiperds en krokedille. Dit is verbasend hoe dapper die zebra’s is, die hings sal sy lewe gee vir die merries met hulle vulletjies. Maar soms is hulle minder gelukkig, die natuur gaan sy gang, en so word die een se dood die andereen se prooi.
Hulle is baie uniek, bly ‘n leeftyd saam, en vorm sterk familie bande. Wanneer saamgepakte wolke opsteek kry mens hierdie gevoel van lieflik oor jou, dit is die onvergeetlike mooi wat die natuur met jou deel. Die naguiltjies wat deur die stilte van die nag gesels, en die knysnaloerie wat knaend na reën roep. Stilte en saligheid troon bo die bome uit, wanneer dagbreek rooi in stofwolke invou. ‘n Nuwe Afrika droom ontwaak, wat bewaarheid sal word in die spore wat sy diere agterlaat.
3 Kommentare
-
Kiekies
Die natuur is mos goddelik!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek