Wanneer dit reën in Parys
Wanneer skugter kaleidoskoop klanke met sysagte sonstrale om hoop dans reis ek so graag tussendeur gister en vandag se nou spasies saam met tyd en sy gesange tot in Parys en haar warm reën nagte skuins voor oggend melodieë toesak met tortels wat ‘n stad ontwaak en my fyn geflenterde heimweë diep sug spring ek […]
van-alles-en-nog-wat
een kant droog anderkant nat boonop sat duine-politiek duine-lewe my duin tussen wind wat waai sand tussen my tone stof in my grys oë lê daar liefde liefde vir alles wat mooi is grawe sandput op die strand kraaiende kleinseun wat lag meeue wat swewend replikeer rawe wat skor krap en gryp aan dooie goed […]
Sag soen die Nylstroomson
my hart lê vasgevang in Nylstroom se natuur waar in die gloed van ‘n laataand vuur onder die hemelkom hang is die groot genade (asof sonder swaartekrag) gevul met Vryheid van Bo die mooiste van mooi is die sonsopkoms oor die Springbokvlakte; dis daar waar die son haar roete na opkoms verpas en ‘n wyle […]
Stukkende mure
Ek is besig met ‘Raaiselkind’ van Annelie Botes. Dit is die tragiese verhaal van ‘n ma se lewe met haar outistiese kind. Wat ‘n openbaring is dit nie! Annelie beeld dit so werklik uit dat jy nie anders kan as om saam met hierdie ma te ly nie. Elke aand lees ek net ‘n paar […]
Strandfontein
(goud) Ek wil weer een oggend langs jou weskus sit en mosbeskuit in my koffie doop; hoor hoedat branders teen jou lang strand breek en ’n myl of twee deur die wit mis loop. As die nag verby is en die dag ontwaak (om kraakdelikaat aan my vel te raak) – wil ek jou see […]
Ek wens vir jou
Ek wens vir jou ‘n verbode vrug een uit Oktober (dis mos ons mooiste maand) vol sap en soet goed wat wei in kennis en kwaad ‘n rooie wat vrede kan bring soos Jesus; want mens leef mos net eenmaal een wat soene kan plant op jou ryp lippe om te blom elke keer wanneer […]
Riebeek Wes
Ek het op die hoek van Hofstraat gestaan en snaaks gekry vir myself; ek is pad af, ver van waar ek tuis voel maar hier by Kasteelberg se voet het ‘n ongekende ding my gegroet – ‘n salige vreedsaamheid om die lyf van die mistige horison sonder skaduwees, kronkelpaaie en kwispelende gedagtes – net wye […]
VEG OF VLUG
“Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?” Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug. Wanneer het dit dan alles so verander? Wie het wanneer haar vrede kom steel? Was […]