Oor Northpine vlieg ’n kolgans
(goud) Aan die einde van die winter as donker wolke vir ’n wyle wyk en lentebeloftes in die lug rondwaai, kom staan ek hier op varinghoogtes vanwaar ek oor my wêreld heen kan kyk. Elke jaar, aan die einde van die winter (tussen gras en bos wat drup van dou) wonder ek hoe son so […]
Thaba
Met heimwee dink ek terug aan n besondere plek, Waar berge hoog troon en ‘n dorpie bedek. ‘n Plekkie in die bosveld, waar natuur jou omring, Waar sonbesies die lof van temperatuur besing. Waar ‘n briessie koue wind kortstondig verskyning maak omdat hitte oorheersend homself teen die aardkors wraak. Die reuk van bosveld wat deur […]
Hunkering
(Goud) Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees naas ’n doringboom – een wat haar takke wyd laat kroon. Sou ek vanaand een droom kon droom voor ek oplaas van hier verhuis – droom ek ’n melkweg en ’n suiderkruis. Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees, […]
emosie – erosie
waar die winde waai waar die see strande maai waar my duin hervorm word waar ek vrede vir my siel vind daar is emosies van krag emosies wat erodeer dit wat is was reeds gewees dit wat kom was reeds gewees emosies kom en gaan gereeld volgens prikkels van buite volgens eie gesondheid erodeer in […]
Mensboom
Mensboom (my skedel baar nog lewe) in my droomwoud het my brein herbind in volheid, sy heelheid teruggevind ek kon toe elke akson, neuron en sinaps, alle senuwees wat skiet laat konnekteer met die stam van kennis en weer leer onthou van vervloë wysheid tot die wasdom van nou ek herskep my emosie met heling […]
te melek
sagte wind skarrel om die hoeke blare en tolbosse waai en draai meeue kraai van pure lekkerkry op my duin sit ek in son en braai tussen withuisies heers daar stilte netjiese geplaveide strate skitter waar son om hoeke koeltes gooi oumensies middagslapie geniet oor alles hang daar stille vrede wat self golwe se breek […]
Jou voetspore bepaal – Intertekstualiteit
jy wat so graag filosoof wil wees sonder ouderdom wat jou siniel sal vlek wat manmoedig rond wil jol sonder kettings of gebooie waar jy op jou voorwaardes vryhand wil bid en leef met jou whiskey en koerant salig met jou nakroos vlegsels van vrede weef wyl jou draadmandjies weemoedig roep so kyk jy dan […]
Heilige Nag
stiltes oorverdowend hier benede geen klanke geen stemme ‘n swart kombers bring die vrede vêr onder die suiderkruis sterre wat skitter, hemelliggies wat blink waswit wolke sleep hul skadus skerm en keer die son, tem sy mag mens en dier skuil met groot ontsag êrens is daar (tog) nog genade ons bly soekend steeds, dag […]
Swart hings
Swart sê ek jou, pikgitswart soos donkermaan se donkerte. Glimswart soos wat die son oor die rondinge en die kurwes speel. Net die sit was donkerbruin leer; pasgemaak om die ruiter gemak te gee tydens die rit. Hemels! Die verkoopsman, sekerlik ‘n Jood, het my eers ‘n koppie koffie aangebied en my verduidelik van die […]