
emosie – erosie
waar die winde waai
waar die see strande maai
waar my duin hervorm word
waar ek vrede vir my siel vind
daar is emosies van krag
emosies wat erodeer
dit wat is was reeds gewees
dit wat kom was reeds gewees
emosies kom en gaan gereeld
volgens prikkels van buite
volgens eie gesondheid
erodeer in ouderdom
egalige gee nie bes
niks kan jou meer
verbaas, ontstel
min kan jou siel
laat verstel
waardes
wat is
sal
wees
tot jy
gaan rus
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.