Bedorwe brokkie
Met haar getinte sonbril
opgetrekte wenkbroue
en ‘n geplooide mondjie
sal sy mos sowaar sê
“wat kyk jy?”
Haar glurende helderblou oë
met ‘n “maar ek dink anders” houding
sit sy met opgetrekte knieë
en gil verruk vir elke nuk
Sy kry haar sin met alles
‘n regte klein snip
te groot vir haar skoene
klik-klak om die hoek met haar hoë hakke
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.