
wie (grafika)
oor die donker bruin duine
brom daar gierige winde
winde wat rukkend
stof op skop
oor die vaal blou golwe
suig daar gulsige winde
winde wat alles opwerp
in wit skuim verpletter
wie is daar
op my duin se kruin
sweef saam in blou hemel
hou net aan om te bestaan
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek