STORM
STORM
Golf oor golf
breek oor my gemoed
storm broei
klotsende stemme
slaan vas aan wande
breinvoos suig gety
spartelende emosies
in hartkamers
brullend sweepslag brander
oor neurone
elektriese lading
lek aardskuddend
in spiertonus
spasmaties wriemelende
sinne nou onbeheers
seekatarms trillend
in elk asemteug
spoegend swetsend
die storm broei
uitgewas
uitgeworpene
neergesmyt
in isolasie
vergete verstoteling
eilandbewoner
verslete gebroke
in abrupte stilte
swygend verby
altyd verby
©Berna
19.10.2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.