Hunkering
(Goud)
Sou ek vanaand een droom kon droom
sou dit rus wees naas ’n doringboom
– een wat haar takke wyd laat kroon.
Sou ek vanaand een droom kon droom
voor ek oplaas van hier verhuis –
droom ek ’n melkweg en ’n suiderkruis.
Sou ek vanaand een droom kon droom
sou dit rus wees, naas ’n doringboom.
(Triolet)
© Carma Shaw
26 Oktober 2018
5:08
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Alkallie Viljoen
'n Pragtige hunkering so uit die Kalahari.