OM TE WROEG OF NIE
To be, or not to be: that is the question: Whether ‘tis nobler in the mind to suffer The slings and arrows of outrageous fortune, Or to take arms against a sea of troubles, And by opposing end them? Shakespeare’s play Hamlet, 1602 Hamlet wroeg oor die lewe en oorweeg selfmoord – sal dit beter […]
Verhale van die Oniks Labirint 10 Vlug van Grys
Daphne word met ‘n skok wakker in grys donkerte. Haar hart dawer teen haar bors, reg om die hut in die woud te verlaat of Daphne al reg is of nie. Versigtig trek sy haar leer uitrusting, mantel, masker en stewels aan. Sy versteek die wapens wat die Groen Beskermer vir haar gegee het in […]
bekoor
is dit die appelbloeisel-laggie die pruim-rooi mondjie of die koring-geel hare wat twee fraai ogies raam is dit die perske-geel wangetjies die guitige skalkse laggie of die bruin oë wat my aantrek is dit jou deugde vry jou netjiese styl of jou hartlike groet wat my hart vermurwe is dit my verraderlike hart my ewige […]
Kos vir ‘n honger siel (brons of silver, nie seker)
Ek wil vir jou die somerson se skadu’s bring my bakhand vol soene in jou hart saai kaalvoet oor jou lyf dans en sing en in die soet stiltes van jou siel baai. Miskien kan ek tyd saam met jou versteen of as alles donker raak, vir jou lig plant dalk moet ek net ‘n […]
Verhale van die Oniks Labirint Vuur in die Donkerte
Blaze trek haar kappie mooi op soos sy die koue tonnels binne tree wat dieper in die Labirint in lei. Partykeer dagdroom sy oor hoe dit moet wees om êrens te woon wat oop is en nie onder die oppervlakte van die aarde is nie. Sy sug soos die bedompige lug haar omvou. Die reuk […]
Stil die stemme
Stil die stemme Die tolbos rol om om om kakie groei welig wiele rol om om om ratkas krap olie tip tip tip opiaat my maat dowwe oë gefikseerd myn ontplof kop bars oop soos spanspek web draai vas donker nektar vloei benewelde denke sinne onlogies hardloop hardloop kry dekking mortiere swoesj bloedbevlekte klere stukkies […]
lag
dou voor dag as sonstrale goud deur mopanies skyn rooibok mis swart nat op hopies lê en blink is die tyd vir jag vroeg oggend koue stoom op rooibok se asem brom pootjies wat klap gnoe se grom bosbok wat blaf koedoe statig majestieus gestaltes in bosveld wat is en nie is dit is die […]
Die aap op jou rug (Opdrag 8)
Elke taal het sy eie unieke gesegdes. So ook is Afrikaans ‘n diverse vrugteslaaitaal wat skatryk is aan eie unieke idiome, slagspreuke en sêgoed. Dis ‘n nalatenskap om op trots te wees en een wat ons aan die lewe moet hou. Dit maak ons taal en literatuur kleurryk en interessant. Deur digkuns as instrument te […]
Ek dink (Opdrag 8)
Nimfoleptiese digvorm Die Nimfoleptiese digvorm het in die digtershart ontstaan. Spesifiek in die geskiedkundige dorpie Wellington in ongeveer 2014. Die dorp is ryk aan skrywers uit alle era’s en almal met uiteenlopende agtergronde. Tussen Breyten en Adam se stemme moet die digter dink en skryf oor iets wat sy muse aanhits. Caren Kearley het hierdie […]
Vuurwarm hekke (Opdrag 8)
Ikonografiese song-satire Die lirieke van ‘n bestaande song (of lied, liedjie) vorm die basis van die ikonografiese song-satire. Die satiriese weergawe moet dieselfde tema weerspieël, maar mag nie die oorspronklike lirieke direk gebruik of aanhaal nie. Dit kan kommentaar lewer op die tema of die tema bevestig of selfs weerspreek. Dit is nie ‘n parodie […]