Jongste aktiwiteit:

Kos vir ‘n honger siel (brons of silver, nie seker)

Ek wil vir jou die somerson se skadu’s bring
my bakhand vol soene in jou hart saai
kaalvoet oor jou lyf dans en sing
en in die soet stiltes van jou siel baai.

Miskien kan ek tyd saam met jou versteen
of as alles donker raak, vir jou lig plant
dalk moet ek net ‘n bietjie van myself vir jou leen,
of jou wegvoer na my wêreld se hemelkant.

Ek wil nardusolie in jou voete vryf,
droomrefreine deur jou gedagtes laat sink,
Hooglied saam met jou herskryf
en in die skemer, sprokies saam met jou uitdink,

maar vanaand wil ek my ster in jou arms kom hang
en my vingers stralend streel oor jou siel se wang.

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 – Spyse vir die siel projek Caren jy is n Silwer lid. Jy kan ook in die biblioteek onder die projekwenners al jou wen inskrywings gaan lees

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed