Sag soen die Nylstroomson
my hart lê vasgevang
in Nylstroom se natuur
waar in die gloed van
‘n laataand vuur onder
die hemelkom hang
is die groot genade (asof
sonder swaartekrag)
gevul met Vryheid van Bo
die mooiste van mooi
is die sonsopkoms
oor die Springbokvlakte;
dis daar waar die son
haar roete na opkoms verpas
en ‘n wyle sprakeloos vertoef
om die reinheid in te adem
van die breekmooi natuur
dis hier waar die bosduiwe in vryvlug
oor doringbome en wit karee vlieg
deur die onmeetlike ruimte
gevul met bosveld geure
en onder insek getjir
nooit stil word nie
die landskap se unieke bekoring
wat my wange saggies soen
betower opnuut my hart
onder die strale
van die bosveldson
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
-
Charleine
Pragtig, Anzé. Dit voel sommer soos 'n aand by die Wildtuin!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Pragtig!