
Jy moet eintlik lief wees vir niks
Kameel, kameel waarheen vat jy my?
hier op jou boggel’rug
in die ongenadigde son
van die Namib woestyn
Oor die vlaktes
verby die seekus van die Dood
deur digte mis, en verborge rotse
‘n begraafplaas van skepe, en verbleikte bene
Oor die duine loop ‘n kaalvoet boesman
met twee stapstewels, wat om sy nek hang
in die verte wei troppe
springbokke en gemsbokke
Spinnekop, spinnekop waar is jy?
volg ek jou spoortjies tot waar dit stop
staan ek in die leeg en wyd verstom
want in hierdie roesrooi lê die mooiste rykdom
5 Kommentare
-
Theron
Goeie more Ek geniet die gedigte geweldig baie. Dit is vir my mooi en ek kan komplimente indeel. Groete Theron
-
Charleine
Mooi, Palet!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek