Veilig in die nag
Veilig in die nag Die man wat net is op sy stil lawaaimanier met sy hande praat en gisterseer sag wegmasseer styf vashou en saggies streel oor lankalkurwes van ‘n moeë lyf wat dan geliefkoos voel altyd eerlik sê wat hy bedoel in die ernsblou van sy skitteroë tussen trane deur my laat lag eerlik […]
Sonkring
in ‘n ekstatiese oomblik as ek vlerke kry soos ‘n arend op stromings van die wind kan ry of soos hermes met gevlerkte voete my van graviteit kan bevry bevind ek myself soos ‘n voël in vlug sien ek die slotsom van my bestaan in die sonkring van die lig
2 julie 2018 … en die pers heks van Blommeland skryf
My liefling, dit is winter en ek verlang weer, dis maar al – hier vanuit die Kaap waar die reën vanjaar in strome oor die Weskus en die Boland val. Die bitter van die droogte is uiteindelik verby en water stort oor kranse by Jonkershoek, De Doorns en Grabouw. Vol riviere raap nou dooie reste […]
Moeilike Maan
Moeilike Maan Ek kyk af na die monsters vergader in die binnehof. Dit was makliker om hier op die balkon te staan. Dit verseker dat hulle onthou dat hulle altyd moet opkyk om my te sien. ‘Wesens van die Nag, ons werk is vir ons uitgesny. Die planeet is besig om dood te gaan. Mense […]
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Gelykheid
praat jou mond verby sê net die “k”-woord vry land jy in vuil tronksel – hel “kill the boer – kill the farmer” word jy nasionale held wen jy miljoen stemme “voor vryheid en voor recht” so het stoere boere voort geveg “gelykheid” in Afrikaans vertaal nie in “afrika–kaans” so vertaal “makua” ook nie in […]
Towerwoud
Iewers waar kronkellote oor miershope en oor stamme van ou bome klou; waar droë gras en bossies lig se warm kleur vashou daar waar kooltjies oker vuur nog aan donker takkies gloei terwyl die laaste bietjie nag uit die skemer skadu’s vloei ontvou ‘n wonderwêreld waar soete elfwe graag wil woon – ‘n geweste waar […]
Vir die duiwe
Ek kyk hoe lê die wit mis om Simonsberg se voet; sien hoe pryk haar kranse teen die môrestond se gloed. Oor die dale, teen die hange is die daeraad aan die vuur; die Boland rus onskuldig in die geboorte van die uur. Elke oggend – wyl my paaie met die boulevard langs baan – […]