Op n Kronkelpad
tree vir tree moet ons dit loop, gedurig tussen skare van wanhoop, beloftes aan mekaar, openbaring praat in sy eie taal, vurige flam wat brand, soekend na iemand se hand, op n kronkelpad.. vers reels skryf ons in wit en blou, wil he jy moet my ook altyd onthou, donker dae is n rangskiking in […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
Blare van my ek
Blare van my ek Die geroeste heining staan beskonke skeef soos die kronkelbaan van ‘n ou plaaspad in die lang gras van my lewensvlakte waar herinneringblomme sporadies in pienk en pers vlekke soos geverfde gedagteprente vlekke van horisonspikkels maak tussen groenblaar idees en onvergeefde droëbos sondes waar verledeskandes bruinblaar kraak, tog g –o —l —-w […]
Gedagtegras van Verlange
Gedagtegras van verlange Sylangs skeef bakhand leeg kom verlange aangerol soos ‘n veldwind gras laat totsiens wuif geruisloos soos veersagte vlerkeklap maar met koue optimisme wat net omkeer en val en v a l tot uiteindelik die belydenis aan self dat verlange net soos veldbries die gedagtegras sag sal streel sonder om enige tasbare weklikheid […]
Maskers
Die maskers wat jy dra vra nie vrae nie, hulle sien wat hulle verwag en begrawe die waarheid en steel jou lag, en wanneer die nagte donker raak kyk jy deur wasige vensters en probeer sin maak uit grafte wat nog oop lê hier voor jou, want wat jy is lê lankal begrawe in vergete […]
donker son – rooi maan
dag het rooi gebreek in die ooste purper rooi misbanke gevorm geverf met hemelse kwas maar toe word dit nag verloor son sy krag maan word sigbaar sy glans soos rooi bal skemer vir mens en dier weerligte verlig uitspansel donker wolke versprei en vloei sodat mense wêreldwyd dit sien mense kruip in gate en […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
Die heelal en sy Skepper
As die wind oor dorre Bo-Karoo vlaktes gly en die beeste hul stertkante wind op wil draai die tolbosse ligvoets trippel oor grasvelde heen wyl vlieswolk-skadu’s met stof resies jaag dan trommel dit diep van uit my boesem versink in die begeesterde Johannes se woorde sy hart aan die punt van ʼn veer vasgemaak waar […]
dag der dae
wanneer die drie d’s jou tref wil jy teen mure uitklim donker dag se glimmer duister dag se fluister dooie dag van lyding ai! – dae is nie meer soos voorheen dit vlieg dit lieg selfs die maan vertel elke ander aand sy storie verskillend waar hy gisteraand gesak het moet jy nie soek vanaand […]