berge en duine
reuk van katjiepiering bos drolpeer se spierwitte soom maak bergrant ‘n wit droom bobbejaantou swaai sag los op hotnotsvy se geel tapyt waar fisante gillend skrop en met insekte vul hul krop vier hul fees met groot jolyt blou berge anderkant duine met bergrivier se groen soom vorm die hemelse eden tuine ©Teárlach
naywer
uit digte mis oor die see verskyn daar drogbeelde gesig van donker gedrogte met spierwit voorkastele my elke gedagte wil weet my siel sweef oor die golwe om te gaan soek na die wete wat is daar in duister versteek so soek nuuskierige mense na elke anomalie in sig grawe en spioeneer in ander lewens […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
verbrokkeling
soos seewater in skuimstrepies uitspoel strand verdeel tussen nat en droë sand waterdiertjies en land diertjies skei watervoëls en landvoëls versprei so versprei geloof mense verbrokkel in vakuum kompartemente wat netso vinnig soos skuim op strand verdwyn wanneer Hy weer kom ©Teárlach
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
Gedempte Seer
stil en alleen op sy eie manier oordink hy die seer binne hom geen meer gevoel sy hart basuin dit uit as ek kon, sou ek anders wou wees die seerkry van jare in ‘n verkeerde sisteem van wereldse eise afgedwing het sy tol geëis oorlog was gemaak en ‘n siel is geknou later jare […]
hotel – stoep
donker oor die see vragboot ligte wink sundowner geskink misbanke verkleë uitspansel skitter sterrekykers geniet arme dronk-verdriet hotel stoep glinster oor die baai glinster ligte van dorpies verder noord filosowe dink vergesigte ©Teárlach
ukubulala amasimu
ritmiese gedril moordadige-bende met rooi geskende stokke wat tril uniforme stap-pe kyk net toe en lag hoe regte verkrag lag saam grap-pe ukudubula umhlophe sesaba umuntu omhlophe unkulunkulu usize umhlophe ©Teárlach ( Killing fields : We fear and kill those that God care for)
genoeg
klokkespel van golwe diep in gedagte gedolwe sweef seemeeu oor my duin my hart staan stil by gesiggies vrolike laggies vol verwagting vir wat nuwe skooljaar bring party gelapte broekies staan skaam en koes kyke na kaalvoete wat skoene nie ken wat ontbyt net ruik wat smag na geluk van ‘n veilige huis smag na […]