![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2018/01/arm.jpg)
genoeg
klokkespel van golwe
diep in gedagte gedolwe
sweef seemeeu oor my duin
my hart staan stil by gesiggies
vrolike laggies vol verwagting
vir wat nuwe skooljaar bring
party gelapte broekies
staan skaam en koes
kyke na kaalvoete
wat skoene nie ken
wat ontbyt net ruik
wat smag na geluk
van ‘n veilige huis
smag na iets
wat lyk na
genoeg
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.