By Die Vuur
By Die Vuur
Ek sit tussen almal by die vuur
Hoeveel langer sal die aand duur?
Binnekort moet ons weer vertrek
Elke tree los n helse merk
Maar my vriende maak my wonde skoon
Hulle hou my moed goed in toom
Wanneer aand weer kom sal ek weer droom
In donker is ons veilig
Die mense buite ie skeinheilig
Om gesien te wees is ons vrees
By mekaar sal ons altyd wees
Oor ons probleme sal ons nie kerm
Ons sal mekaar bly beskerm
Maar vanaand kuier ons om die vuur
Hoeveel langer sal die aand duur?
© Larissa Beukes
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.