EK ONTHOU ALLES
EK ONTHOU ALLES spatsels van my kindwees speel soos ‘n film voor my siele-oog verby jou skaterlag vir ons speletjies entoesiasme as jy popklere brei sien jou skulpies bewonder op Jeffreys se strand sien jou onkruid uittrek vroegoggend in die tuin hoe jy melktert maak in die kombuis die reuk van Kersfees dwarsdeur ons huis […]
kleuter hartjie
kinder hartjie klein en teer vra vir liefde meer en meer hoor jou stemtoon mamma voel jou vaste hande pappa kinder handjie klein en sag voel jou wanneer jy ook lag hoor die deernis in jou stem voel jou kwaad aan soos lem kinder lewentjie skoon op slyt skryf jy lewenswaardes daarop positief sodat jy […]
respek
moet verdien word so sê die wat glo weet outydse waardes sê ander vroeër was kinders opgevoed opgevoed met respek vir ouers anglikaners se invloed vermeng norme word gewysig bestuif vreemde stuifmeel gebring nou moet respek verwerf verdien en gekoop word kinders skryf nou voor ouers se sout is laf met milennium is waardes uitgegooi […]
aangenome kinders
geskep uit vlees en bloed rein herskep in die Gees salig is die armes van gees hul behoort aan Koninkryk sonder gesofistikeerde denke sonder te veel boeke kennis sonder ongehoorsaamheid slegs strewe na verlossing kind in gees volwasse in vlees heerlike salige vreeslose lewe alle vrese in Sy hande geplaas alles anders is gejaag na […]
Pa
Pa, vandag verlang ek na die plaas en na die tye toe ek laas saam met pa kon kraal toe stap om koeie te gaan melk van die nuwe kalf se bies te tap en hanslammers te voer ek kry die reuk van kraalmis en die water in die dam as dit uitloop in die […]
Hond se gedagtes
Hond se gedagtes Janee, ek moes dit geweet het. Daai klein bruin bliksem moes nie hier kom rondsnuffel nie. Die baas het hom gesê om te voesek, maar hy het teruggekom. Ja, in dieselfde nag het hy weer deur die gat in die heining gekuip. Ek en die susters het hom ook gesê hy moet […]
van kom en gaan
kersfees kom en kersfees gaan tussenin wil almal nog ook bestaan een smous met groente ‘n ander met persente predikante met siele mense met rus en vrede elkeen soek net Christus-liefde ©Teárlach
Kuifie en die Zanzibar spinnekop
Kuifie en die Zanzibar-spinnekop As mens in die strate van Stone Town, Zanzibar, loop is die argitektuur asook die plavei-straat en die historiese eenvoud baie interessant. So loop ons dié snikhete dag in Stone Town, op soek na lafenis en eetgoed. Dis elke dag snikwarm met temperature in die hoë twintigs en die lae dertigs […]
Johanna en die trampolien
Johanna en die trampolien Die beste televisievertoning wat ek nog ooit gesien het was nie op die kassie gewees nie. My drie seuns besluit toe mos eendag dat die Masaai wagte, Johanna en Thomas, aan die wêreld van televisie voorgestel moet word. Die twee mans, ongewoond daaraan om binne groot huise soos ons ene in […]
dapper stapper
liep-lapper-jas kersvader dra tas sy baard trek sommer los want hy loer te veel na die kos sy magie skraps bedek met baadjie sy stem rafel uit met sy droë liedjie kinders dans om op sy skoot te sit eers daar wil hul net huil en gil sy rook asem stoot hulle af growwe hande […]