EK ONTHOU ALLES
EK ONTHOU ALLES
spatsels van my kindwees
speel soos ‘n film
voor my siele-oog verby
jou skaterlag vir ons speletjies
entoesiasme as jy popklere brei
sien jou skulpies bewonder
op Jeffreys se strand
sien jou onkruid uittrek
vroegoggend in die tuin
hoe jy melktert maak
in die kombuis
die reuk van Kersfees
dwarsdeur ons huis
jou sagte wit handskoene
jou pragtige kerkhoed
jou gesondmaaksoene
jou sakdoekie-blik
en jou lekker-ruikgoed
ek onthou alles Mamma…
ek onthou jou
© Barbara Smit – 5/5/2017
2 Kommentare
-

Koekekranka
"...ek onthou alles Mamma... ek onthou jou..." Wat 'n pragtige en gepaste slot vir die baie kosbare van onthou! (En skielik begin ek ook om te onthou om so te onthou...)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek