MY TIENER SEUN
Keer op keer, maak jy my hart so seer. As als nie gaan soos jy dit soek, dwing jy my met jou houding in n hoek. Hoe mis ek nie jou kinderdae, met jou hartseer ogies en baie vra… Jou warm lyfie as ek jou styf vashou, en jy met albei armpies om my nek […]
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
IN AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
#Nataliamaythemusicbewithyou
en jy wens jy was ‘n punkrocker met blomme in jou hare ‘n hippy met ‘n lang romp aan uit die sestiger jare maar ek wens jou meer as net nog een in die skare ek wens vir jou ‘n punkrock song en vlegsels in jou hare * ek wens die eenvoud van ‘n solo […]
Blameer die Lente
Ma, ek was nie dronk nie. Die lente was in die lug. Die wind was in my hare, die see en die sand en die sout. Die son was teen my rug en ek onthou (na soveel jare) dat ek wou dans . . . * Ma, daar was ‘n tafel in jou huis in […]
Haar Spore Verlore
Haar spore verlore tussen duisende sand
Vir Natalia . . . noudat jy 16 is (enkele gedagtes)
my kind: die een jaar volg die ander tyd staan nimmer stil en sestien’s net ‘n oomblik lank geen uur is te verspil onthou – voëls vlug deur die hemel daar’s rusplek op die grond bloeisels vly teen takke die volmaan tinkan rond die herfs se son is lou my kind die winterwind waai koud […]
Oumense en Elfies
Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor en ons sit al klaar in ons drome verloor om grootoog met muisoortjies te luister wat Oupa se elfies saans vir hom fluister! En Oupa vertel van die Son en die Maan en van elfies wat ook maar eendag doodgaan… Maar Oupa se stories sê darem bý Oupa […]
Jou Foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]
Moedersmart
…Waarom brokkel die lig voor haar oë verby en wat is dit wat oor haar bleek wange gly? Wat is dit wat haar wêreld in skerwe versplint En vanwaar dan die waas wat haar oë verblind? Haar drome word gisters; ja nog verder verby toe sy blosendverlief as ’n vrou kon gedy. Sy belewe intens […]