Jou foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot waar […]
Hoop is ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
SPOOKASEM
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]
Troosteloos
as blomme pyn kon stil sou ek langsteel lelies pluk en dit in erdekruike op die vensterbanke van jou roomgeel huis rangskik sou melodieë van weleer jou gebroke hart kon heel sou ek We’ll Meet Again, As Time Goes By en The Last Waltz vir jou speel as die lig van duisend vlamme tot […]
Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue
Twee doodsgordyne wat eens oë was verstar sielloos, sienloos verby my blik en eens se lewensglans word dowweglas, tydsamig-gou tot onbegrip verstrik… Verward, verdwaal, het ek toe haar gevind (met min onthou!) in son se bloedig’ heet, haar kaak geklemd en hare ongebind, die rug verkrom …my en my naam vergeet! “Kom help, ek soek […]
Demensie
My ma sê sy kan nie uit die huis kom nie want dit vervul jou met angs, en sy vrees dat – indien sy nie vinnig weer tuis kom nie – daar woede en vrae in jou stemtoon sal wees. Sy sê jy het weer in die nag op gestaan – slaaploos, verward en vir […]
MY DOGTER
Tien jaar gelede het jy jou eerste lewenslig aanskou, van die eerste oomblik was ek baie lief vir jou. Jy met jou ogies so blou, jy met jou liefde so opreg en getrou. Jy het my hele hart gesteel, ek wou jou met niemand deel. Jou koms het ons lewens betekenis gegee, Jy is meer […]
SPOOKASEM (vir Natalia – lente 2016)
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]