Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel; ma is by Jesus. Die mooiste engel – my ma – dit weet ek gewis. En dit troos my hart om te weet ma is veilig; ma is gered. Hy het ma kom haal so onder stille gebed. Ek dink weer aan ma vandag en my vingers – dié […]
Haar naam was ook Saartjie
Voor julle my tot ruste lê laat my kleinkinders kom sing. Moet my nie begrawe nie laat my wegvaar met die wind! Uiter geen hartseer woorde dit sal net heimwee bring. Traanbevlekte blomme sal my nie meer lawe nie… lag liewer saam my soos ń kind! Tiekiedraai my oor n misvloer laat die konsertina sing […]
Die SKEPDRIE
Die SKEPDRIE Die fluitjie blaas: Einde van die spel, en daar lê ek vasgenael onder die hele pak voorspelers. Ek het regs agter die skrum uitgebreek, ‘n oomblik op een voet gebalanseer, gemik, die bal laat val, met links deurgeswaai; die bal trek toe ‘n bietjie ver na links, maar word deur die wind gevang […]
AFWAGTEND
Sy asem diep in die vol buik bult vêr vooruit die kind woel in haar. ©HMellet Digvorm: Senryu
Die T-SJÛÛTMAN se DOGTER
Die T-Sjûûtman se Dogter Ek wou iets by die t-sjûût-drukker hê, en in die wagtyd het ons oor ons Afrika-ondervindings gesels: Hy’t vertel dat sy dogter en haar man met ‘n ander paar in Suid-Afrika op vakansie was. Die laaste aand wou die twee vroue saam girl’s night out sonder die mans vier. Die twee […]
Jan Hellebard se begrafnis
Jan Hellebard se begrafnis ‘n Vrou op ‘n e-fiets kom stadig die bult uitgery tot by die sydeur van die kapèl, leun dit teen die muur en stap sonder links of regs kyk by die sydeur in. ☼ Ons is nie baie rougaste in die klein noorweegse bergdorpie nie, ofskoon almal wat kan kom teenwoordig […]
‘n Terugflits van lank terug
Gelees in jou oӫ so lank terug ‘n leeftyd se drome het nog vir jou gewag Jou stem was toe nog woorde jou lag ‘n lied jou gesig ‘n skildery Die oggend het sy kop uitgesteek die wingerde lӗ kaal teen die heuwels verwelkend vernietigend versmeltend En ek vra die die Here om my hart […]
~ Voetseen trek in die ou dae ~
Pa stop sy pyp en tuur oor die see. ‘n Lag speel in sy baard toe hy begin vertel… ‘n Voetseen was ‘n lang visnet met kurk aan die bokant en lood aan die onderkant en ‘n lang tou aan die voorkant. In die middel is ‘n bak/kom ingeweef as deel van die net – […]
~ Oor hom kan ek nie dig nie, ek sal moet skryf ! ~
~ Oor hom kan ek nie dig nie, ek sal moet skryf! ~ Pa word sewentig en vanaand is sy aand. Ek sit voor my skerm want skryf moet ek oor hom skryf! ‘n Gedig ?…Nee sien, hy rym nie soos ander rym nie en sonnette en kwatryne is tien teen een meisies uit sy […]
RESENSIE: Die Seun met die Fiets, die film
Die Seun met die Fiets Cyril (sê „Suuríél“) is so elf, twaalf jaar oud, en sy pa het hom „voorlopig” in ‘n koshuis gebring omdat hy met sy eie lewe nie kon klaarkom nie. Wie sal hy nog ‘n kind grootmaak? Na ‘n maand kry die seun gedurig „geen verbinding onder hierdie nommer nie” wanneer […]