Jongste aktiwiteit:

Haar naam was ook Saartjie

Voor julle my tot ruste lê
laat my kleinkinders kom sing.
Moet my nie begrawe nie
laat my wegvaar met die wind!

Uiter geen hartseer woorde
dit sal net heimwee bring.
Traanbevlekte blomme
sal my nie meer lawe nie…
lag liewer saam my soos ń kind!

Tiekiedraai my oor n misvloer
laat die konsertina sing
tokkel op n banjo
dít sal vrede na my bring!

Skop saam met my stof op…
op die maat van Lekker ou Jan
Wys my later hoe die son opkom
dra my nalatenskap met jou saam.

Speel boeremusiek en country,
laat waai die kalfie wals…
sodat ek vir oulaas met my geliefdes
op Saatjie van Biesiesvlei kan dans.

*** Met al my liefde opgedra aan my liefste Moeder, (Saartjie), die wonderlikste mens wat ek ooit geken het! Geen woorde kan beskryf hoe gelukkig ons was om n moeder soos sy te hê nie. Ek mis haar ongelooflik baie!!!***

8 September 2015

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak