liefde is ‘n storie (Italiaanse sonnet)
Onthou jy nog my hande met hul merke –
jou vingers het jy sag daaroor laat gaan.
Langs aar se blou – wat oor die rugkant baan –
het jy verklaar “dis wind en weer se werke,
maar letsels word (oplaas) die lewensvlerke.”
Met dieper weet as wat bloot geskrywe staan
kon jy my hart lees, tot by die eerste traan –
jou oë se kyk was altyd sonder perke.
Was daar ooit ‘n siel sonder skaad of skande.
My oë vertel vergeefs nog die verhaal –
om lief te hê, dit was ons nie beskore.
Ek lees nog soms ons storie op my hande
en ek dig dit tussen lyne – sonder taal.
Alle liefde gaan eindelik verlore.
© Carma Shaw
22 Februarie 2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Hierdie slag het jy my gevang. gewoonlik as ek die titel sien weet ek klaar dit is Carma se werk maar hierdie slag het ek nie geweet nie.