Sonder lefde, min vreugde
Sonder liefde, min vreugde.
Wie kan die liefde ooit verklaar
dit het so baie fasette van
persoonlik tot intiem , maar
sonder sonder liefde is daar
min of geen vreugde – – –
Ek hou baie van jou maar
het jou nie lief nie,
ek hou nie so baie van jou
maar ek haat jou nie,
alles maar net
naasteliefde en verdraagsaamheid
maar,
ek het jou lief?
Wie kan die liefde ooit verklaar
dit genees en verwoes,
dit is teer en dis wreed,
‘n brose afhanklike potplantjie wat
gedurig aandag en vertroeteling verg,
kos en water op sy tyd om vars te bly – – –
Ander is soos vetplantjies met minder
water kos en liefde koel en afsydig – – –
Wie kan ware liefdesgeluk en vreugde
ooit verklaar sy betowering bly ‘n raaisel,
die geestelike en fisiese aantrekkingskrag
vir tyd en ewigheid ‘n enigma, maar
vra toewyding – – –
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Waar woorde