Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Die SKEPDRIE

Die SKEPDRIE

Die fluitjie blaas: Einde van die spel, en daar lê ek vasgenael onder die hele pak voorspelers. Ek het regs agter die skrum uitgebreek, ‘n oomblik op een voet gebalanseer, gemik, die bal laat val, met links deurgeswaai; die bal trek toe ‘n bietjie ver na links, maar word deur die wind gevang en dryf algaande na regs tussen die pale deur. En óór! Daar was nie tyd om voet te kies nie, eintlik kan ek nie links skop nie, maar die wind het gehelp. Ons linkerflank het ‘n torpedo-pas dwarsoor die gewoel na my toe gevuur toe hy die bal opraap.

Ons sê mos, in elke ongeluk skuil ‘n geluk. Die bal is my aangegee deur iemand wat eintlik nie moes saamgespeel het nie. Vir hom moes ons ‘n ekstra aandrag gaan stel, want, toe ons toerbus van die pad afgekom het, was daar soveel beseerdes dat ons nie vyftien man op die veld kon bring nie. Hy was naamlik ons masseur en al oor veertig jaar oud, maar fiks. Ja, fiks was hy.

Van beroep was hy bosopsigter in ‘n eensame gebied in die berge, ‘n immigrant uit Skotland en het in een van die vernaamste houtvesterskole in die Oosterrykse Alpe studeer, waar hy my ma leer ken het.

Dis mos ‘n wonderlike gevoel om van jou eie pa die bal te kry en die wenpunte aan te teken, die eerste keer wat Argentinië wêreldkampioen word.

©17e.Februarie 2017………………………………………………..(2013).tje

2.eijtlaatsroovetsretga

[Stories uit aller wêreld]




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed