Jongste aktiwiteit:

Die T-SJÛÛTMAN se DOGTER

Die T-Sjûûtman se Dogter

Ek wou iets by die t-sjûût-drukker hê, en in die wagtyd het ons oor ons Afrika-ondervindings gesels:

Hy’t vertel dat sy dogter en haar man met ‘n ander paar in Suid-Afrika op vakansie was. Die laaste aand wou die twee vroue saam girl’s night out sonder die mans vier. Die twee mans het ingestem – waarskynlik wou hulle alweer voetbal kyk, Bundesliga. Elkgeval, so om elfuur, halftwaalf kom ‘n benoude oproep uit die polisiestasie: Hulle het ons in hegtenis geneem, kom haal ons hier uit! Die televisie-eienaar het die mans soontoe gebring en wou as tolk optree, sou dit nodig wees.

Die saak staan so: Die meisies – oeps, die vrouens – was in ‘n disko, waarskynlik omdat die mans soos ons weet te lui en onbeweeglik is. En boonop: nie NOG ‘n Bundesligaaand nie! Daar het hulle gehops en gejol, soos dit hedendaags so is, en na gedane sweet, het hulle in hul minibus geklim om huistoe te ry.

Maar nog op die parkeerterrein, nie daarbuite op die pad nie, op die parkeerterrein nog het hulle liggies teen ‘n ander parkeerder gebots. Hy moes onvoorwaardelik die polisie laat kom om hulle asem te toets. Daar sê die polisie dat sy, die bestuurderes, in die sel moet bly totdat die waardasie van die ondersoeking bepaal gewees is, onderwyl sy ‘n buitelandse burgerin is wat moontlikerwys oor die landesgrense kon ontvlug om die geregtigheid hier te lande te ontkom. (Mooi vertaling, nê?) Hoe lank, dan? Ag, so drie weke. Ja, maar ons vlieg môre om elfuur. Nee, as jy in Suid-Afrika gedrink het, mag jy glad nie agter die stuur inklim nie. Ja, maar ek het nie gedrink nie. Dit sal die toets bewys. Ja, maar ons vlieg môre. A-nee-a, môre nie.

Die televisie-eienaar spring in. Hy ken iemand wat iets van die wet verstaan. Uiteindelik kon die groepie die polisiestasie verlaat, nadat die t-sjûût-man se dogter skriftelik onderneem het om nie weer na Suid-Afrika in te reis nie. Sy geld nou as voorbestraf, aldus krimineel en ongewens, ofskoon sy nie gedrink het nie en nooit die uitslae van die alkoholtoets gaan ervaar nie.

(Toom)

© 6e.Februarie2017 …ooOoo… (2012)tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed