
Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel;
ma is by Jesus.
Die mooiste engel – my ma –
dit weet ek gewis.
En dit troos my hart
om te weet ma is veilig; ma is gered.
Hy het ma kom haal
so onder stille gebed.
Ek dink weer aan ma vandag
en my vingers – dié blink traannat.
Dit voel maar soms of my lewe
soos ‘n druppel uitmekaar wil spat.
Dan kry ek hierdie prentjie
en ek droog my trane gou.
Ek sien hoe God Sy kind
teen Sy borskas vashou.
Ma is daar in die hemel.
Ma is gelukkig.
Ma se kaki-groen oë wat skyn
in Sy helder lig.
En dit troos my hart
om te weet ma is vry van ‘n wêreld vol seer.
‘n Ewige vakansie
gekry van die Heer.
Ek dink weer aan ma vandag
en my vingers – dié blink traannat.
Dit voel maar soms of my lewe
soos ‘n druppel uitmekaar wil spat.
Dan kry ek hierdie prentjie
en ek droog my trane gou.
Ek sien hoe God Sy kind
teen Sy borskas vashou.
Altyd is ma my engel !
Vader, ek wil graag dankie sê
dat ek ‘n ma soos my ma kon hê.
U’t my geseën om ‘n engel
soos my ma te ken.
En ma het my van liefde geleer.
Vandag sê ek dankie, liewe Heer.
‘n Engel-ma het U vir my gegee.
Ek dink weer aan ma vandag
en my vingers – dié blink traannat.
Dit voel maar soms of my lewe
soos ‘n druppel uitmekaar wil spat.
Dan kry ek hierdie prentjie
en ek droog my trane gou.
Ek sien hoe God Sy kind
teen Sy borskas vashou.
Ek sien hoe God Sy kind
teen Sy borskas vashou.
“Altyd My Engel” is ‘n liedjie wat geskryf, gekomponeer en gesing is deur myself (André van Wyngaardt)
Hierdie lied verskyn op my debuut album (Skadu’s Van My Hart), soos vrygestel in 2012.
Volg my gerus op Facebook vir meer liedjies en videos en om te sien waar ek volgende optree.
Facebook Fan Page: André van Wyngaardt Musiek
Epos adres: andrevwmusiek@gmail.com
Selfoon nommer: 083 712 9081
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.