Wie is jou Ikoon
Wie is jou ikoon? Dis vroeg oggend, Pieter maak reg om werk toe te gaan, somer is dit beslis nie meer nie en die winter het ook nog nie regtig kop uit gesteek nie. ‘n Koelerige windjie waai en Pieter hoop dat die winter wat op pad is nie te veel skade gaan doen aan […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 1
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE Vakansies kuier ek by my ouma op Uniondale. Ek het ‘n Oupa ook daar gehad. My oupa was ‘n waterwyser en ‘n boorman. Eendag boor hy toe ‘n plaasboer naby Robertson se dogter in die ander tyd in. Toe die boer uitvind van die vleeslike boordery wat op sy […]
Opelug
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi. Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater. “Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom. “Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!” “En?” “Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!” Beau lag. ‘n […]
Poetsbakker
“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?” Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek […]
Ma
Die sigaret hang skeef aan die binnehoek van jou mond. Jy lag en draai jou gehoorstukkie ‘n aks hoër op. Ek speel saggies met jou sout en peper hare, die krulle wip wip in die wind. *** Ma, my hart verlang in skerwe vandag. Stukkend, gebroke, skerp stukkies onthou wat diep sny en wonde los […]
Stompsinnigheid
“Probeer ‘n ander een. Vinnig!” sê Maggie terwyl sy rond trippel. “Ek het! Die chimera is net té sterk!” Danielle kyk na die monster moedeloos. Lawa spat na hulle vanaf die vreesaanjaende gedierte se bek en mis hulle net-net soos ‘n botsende towerspreuk die chimera in die oog tref. “Ek’s te jonk om te sterf!” […]
Karel en die Spinnekop
Karel en die Spinnekop Mense gaan kerk toe vir verskillende redes, sommige waarvan nie altyd veel met geloof te doen het nie. Sommiges verlang na die sosiale interaksie, ander na die gewydheid en vrede van ‘n kerkgebou en ander is daar in die hoop dat hulle vetroosting en/of ‘n boodskap sal kry. Vir kinders is […]
Epos : natuurvertelling
*geskryf een-jaar-gelede* EPOS eDiä!kwain vertel van die natuur !Gâi! klonkie kinners hier by die vuur wat hooglek na die sterre, die sterre sê “tsau tsau” vir die warm tonge van die vuur Kabbo speel die goura en kom ook luister ek is !Diä !kwain, seun van Xa: a-tin, die xoma aob ek kom van die […]
Tyd!
Verskeie jong dames dans oor die veld vol blomme en sing goeie môre vir almal wat hulle verby gaan. Die voëls sing saam en dit word die lawaaierigste oggend wat die wolf in ‘n baie lang tyd ondervind het. Sy regter oog spring, die oorpluisies het ophou werk toe die vierde jonge dame haar mond […]
Almal staan bakhand
“Hou op stry. Ek gaan ‘n ongeluk maak. Pietie, laat Sannetjie ook die boek deurblaai,” beveel Trudie vies. Sy hoop maar net die Huisgenoot se bladsy is leesbaar as sy later vandag by die huis kom. Die verkeerslig slaan rooi en sy verminder haar spoed. Hou stil. Onder die verkeerslig sit ‘n hopie mens. Sy […]