Tyd!
Verskeie jong dames dans oor die veld vol blomme en sing goeie môre vir almal wat hulle verby gaan. Die voëls sing saam en dit word die lawaaierigste oggend wat die wolf in ‘n baie lang tyd ondervind het.
Sy regter oog spring, die oorpluisies het ophou werk toe die vierde jonge dame haar mond oopgemaak het en al die spek in die wêreld kan hom nie beter laat voel nie.
“Goeie môre!” hou aan om deur die vensters van sy plekkie op die rand van die woud te fladder.
“Ek het geweet dat ek nie vir ‘n huis met ‘n uitsig moes gaan nie,” mor hy en gluur vir die gekheid op die veld.
‘n Paar jonge dames giggel buite sy plekkie en sing oor hoe hulle eendag ware liefde gaan vind.
Hy huil in frustrasie; hulle gille maak geen impak op hom nie en hy begin te pak.
“Dis dit! Dis tyd! Tyd om te trek.”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.