Vonnis
‘n vonnis so finaal is bepaal witjas jurie kom na vore liggaam geboë frons tussen oë bekwaamstes staan verslae nog ‘n uitklophou deur die groot K die nuus wat hul dra maak hul goedkoop van regverdigheid gestroop die vonnis word gevel wyd oop poorte van die hel ‘n lewenslange lyding net die dood bring bevryding […]
Brandstigting
rook veblind die oog vlammende vure verwoes – môre brand tot as © Carma Shaw 25 Maart 2017
Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
Bevryding .
in die wit mens masker word die haat verbreek deur bloedtrane word die groen jaloesie gestop uit die skynheilige wit mens masker gebreek in die wit mens masker word die haat verbreek stuk vir stuk kraak die masker wat seer steek die bloederige wonde word met liefde verstop in die wit mens masker word die […]
Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel; ma is by Jesus. Die mooiste engel – my ma – dit weet ek gewis. En dit troos my hart om te weet ma is veilig; ma is gered. Hy het ma kom haal so onder stille gebed. Ek dink weer aan ma vandag en my vingers – dié […]
Sê Net Dankie
‘n Baba wees gelaat. ‘n Boemelaar honger op straat. En dan het ons nog die “cheek” om soms te kla. ‘n Kindjie afgeknou. ‘n Lyfie seer en blou. En dan voel dit of ons soveel berge dra. Kom ons wees net dankbaar. Wees eerder net dankbaar. Kom ons sê eerder dankie, dankie vir als wat […]
Rooivlam II
Met die eerste oog op doodslag Dit is vier uur op ‘n koue Sondag wintersoggend, vir een of ander rede kon Johan Van Schalkwyk nie weer aan die slaap raak nadat hy twaalf uur wakker geskrik het van ‘n nagmerrie nie, maar hy lê rustig in sy bed en staar na sy vrou, hy staar […]
Rooivlam I
Die eerste skoot “Word wakker, word nou wakker!” skree Angelique vir haar man toe sy sien daar kom ‘n vreemde man by haar kamer deur in terwyl sy en haar man slaap. “Word wakker, Johan, word nou wakker !” skree sy so effens harder toe die vreemde man al by die bed is, hy stap […]
VERDRINK
Wilde waters vou my toe sleep my heen met ruwe krag massas druppels pak om my saam druis in my ore, stoot my met die stroom sleep my heen met ruwe krag terwyl ek spartel vir asem druis in my ore, stoot my met die stroom terwyl my voete rondtrap vir vastigheid terwyl ek spartel […]