Jongste aktiwiteit:

Rooivlam II

Met die eerste oog op doodslag

Dit is vier uur op ‘n koue Sondag wintersoggend, vir een of ander rede kon Johan Van Schalkwyk nie weer aan die slaap raak nadat hy twaalf uur wakker geskrik het van ‘n nagmerrie nie, maar hy lê rustig in sy bed en staar na sy vrou, hy staar na hoe sy so rustig soos ‘n baba slaap, en opeens besef hy weer hoe gelukkig hy is om na die skoonheid van haar vlees te staar, en net om haar in sy lewe te hê, onsettend baie lief is te min om te verduidelik hoe lief hy haar het, skielik lui sy polisie selfoon.

“Kaptein Van Schalkwyk, ek hoor jy is die man om te bel as iemand verkrag word, ek is bang vir my dogter, sy is weg ek kry haar nie by een van haar vriende nie, en sy is laaste saam met ‘n ou gesien, en ek het hom nog nie eers ontmoet nie. Ek het nie eers geweet sy is gekeis met ‘n kêrel nie!” Die vrou agter die foon is so gestres sy vergeet skoon om te groet en haarself voor te stel.

“Kalmeer mevrou Muller, kalmeer, dit is altyd belangrik om kalm te bly in so ‘n situasie, het jy al die kêrel se ouers probeer bel?” vra Van Schalkwyk, en hy herleef die angs en riller van sy heel eerste saak as ‘n Kaptein, ‘n man moes ongelukkig sterf maar ‘n jongvrou se lewe is net-net gered.

“Nee, ek was raadop en my buurvrou het my vertel van die jongvrou wie se lewe jy gered het, voor jy hierheen getrek het en ek jou dadelik gebel nadat ek al my dogter se vriendinne se ouers geskakel het, ek weet ek klink dalk bietjie histeries en paranoïes maar ek is ook raadop, ek weet nie meer watter kant toe nie, en wat om volgende te doen nie.”

Johan erken haar stem van laas maand toe sy vergaderings en proteste gehou het by die hof en goed om geregtigheid vir haar oorlede man te kry wat ook ‘n polisie man was en wreed vermoor is, sy het ook opgestaan vir elke mens daar buite wat hul lewe in gevaar stel vir ander, vir elke polisie lid, dit is half vyf in die oggend, en dit voel of die koue van die winter nog kouer word, en die weer was presies dieselfde toe hy sy eerste saak as Kaptein Van Schalkwyk ontvang het.

“Dis reg mevrou, ek sal jou help en my bes probeer om jou dogter te red, kom asseblief af stasie toe, wees daar so 6 uur vanoggend, ek sal beslis daar wees, kom lê ‘n verklaring sodat ek vinnig aan die werk kan spring, want die tyd is ons vyand.” En dit vat Johan weer vêr terug, dit voel of hy al hierdie einste gesprek gehou het met ‘n ma wat vrees vir haar dogter se lewe, en nog ‘n tragedie kan hierdie gesin nie beleef nie, hulle is goeie mense.

“Baie dankie ek maak so Kaptein, ek sal daar wees dankie! Totsiens!”

“Dankie mevrou sien jou netnou, totsiens, Johan uit.”

Dit is vyf uur en Johan moet nou sy vrou groet om te gaan werk, maar een ding wat hy van die lewe geleer het deur die werk wat hy doen, mens weet nooit wanneer dit jou laaste groet is nie.
Hy buk af om haar te soen nadat hy sy uniform aangetrek het en net soos hy haar wil soen, draai sy om en begin skielik met hom te praat.

“Môre my liefie, dit gaan reg wees, alles gaan okay wees, hierdie saak mag dalk dieselfde klink as jou eerste saak as Kaptein, maar jy sal sien dit gaan alles okay wees”

“Baie dankie my vrou, ek is seker dit gaan okay wees en ek waardeer jou ondersteuning geweldig baie, maar ek moet nou in die pad val, daai arme kind is al waaraan ek dink, wie weet wat nou op hierdie oomblik met haar gebeur” sê Johan dankbaar, gee haar ‘n soen, stap by die deur uit, klim in sy kar en ry na die polisie stasie toe.

Soos hy voor die stasie parkeer kom daar ‘n man uitgestap wat vir Johan baie bekend lyk, maar hy laat dit nie sy dag stadig maak nie en klim uit want mevrou Muller sit reeds gretig en wag in sy kantoor, hy kan haar sien want sy sekretaris het seker die blindings oopgetrek vir die son om deur te kom in sy kantoor, Desember is ‘n lekker sonninge maand in Jakaranda-Stad, maar Alberton se Desember was ook nie vir hom te versmaai nie, die son is tog altyd welkom.

Terwyl Kaptein Van Schalkwyk haastig die stasie inloop maak noodlot sy skuif en hy loop teen iemand vas.

“Jammer, jammer ai genade ek is deeesdae so lomp ek vra groot onverskoning” sê Johan en help die man om sy papiere op te tel wat hy laat val het, Johan gee vir hom die papiere wat hy optel en toe hul oë ontmoet begin die man hard praat, en amper skree van opwinding.

“Rooivlam, my genade dit is wraggies jy, so is dit waar jy in die wêreld wegkruip, ek het gewonder wat het van jou geword!”

“Botha! Sjoe “Long time no see” soos wat die engelse sê, wat bring jou hierheen?”

Johan erken vir Botha van sy Hoërskool dae, hulle was boesem vriende en hulle was saam in die polisie mag in Alberton voor hy Jakaranda-Stad toe getrek het, Rooivlam Johan se bynaam die laaste jare van Hoërskool en in die polisie mag in Alberton, eintlik het net Botha hom Rooivlam genoem alleenlik maar Naderhand het almal in die polisie stasie in Alberton hom Rooivlam begin noem want hulle kon sien waar die naam vanaand kom, sy rooi hare en natuurlik die vlam in hom om sodra hy ‘n saak kry dit vinnig, akkuraat en op die regte manier op te los.

“Wel ek en my verloofte beplan om hierheen te trek, dit lyk so rustig hier en sy verwag ons kind, ons wil bietjie weg kom van die stad se lawaai, so ek het gou my aansoekvorm kom ingee, huis gesoek hier in die dorp en nou toe loop ek in jou vas” sê Botha trots, hy het ook ‘n bynaam, hulle het hom altyd BB genoem, want hy is eintlik Botha Brits, en hy het altyd BB twak gerook.

“Dis gaaf jy sal nie spyt wees nie, dit is lekker rustig hier en die misdaad baie minder, maar ek moet nou gaan ons gesels weer daar is ‘n belangrike saak wat my aandag nodig het en ‘n vrou wat gretig is om haar vermiste dogter te vind, ons gesels weer binnekort” antwoord Johan terug, hulle groet mekaar, Johan stap by die stasie in en Botha klim in sy kar en ry na sy volgende bestemming

“Dit klink of hy ‘n interessante saak daar beet het, miskien as my aansoek spoedig aanvaar word kan ek by hom aansluit en saam met hom werk, net soos die goeie ou dae” dink hy trots by homself, sluit die kar aan en ry weg.
Mevrou Muller sit in Kaptein Van Schalkwyk se kantoor en spreek haar hart uit, sy wens so graag net om haar dogter weer ‘n stywe drukkie te kan gee, haar te troos, en haar seer genees waar sy seer gemaak het en waar sy seer is, sy snik soos wat sy praat want sy huil die vaaldam vol.

……………………………………………………………………

“Kaptein en soos die noodlot dit het, het ek en sy toe ons die laaste keer gepraat het vieslik vasgesit, nou is dit ook nog op my gewete” sê Mevrou Muller bekommerd en hartseer, en die trane wil nie ophou val nie, en net toe Van Schalkwyk haar wil terug antwoord lui sy telefoon.

“Prr, prr, prr, prr, prr….”

“Kaptein Van Schalkwyk, goeie dag!” antwoord hy professioneel, die stem aan die anderkant van die foon word duidelik gebruik deur iets wat dit anders maak sodat mens nie die man se stem kan uitken nie, of iemand anders dit erken nie.

“ R50 000, ‘n helikopter om my tot by veiligheid te vat waar polisie my nie soek nie, jy’t ‘n uur en met elke uur wat verby gaan wat jy nie my bevel uitgevoer het nie, breek ek ‘n deel van haar liggaam, vinger vir vinger, been vir been….”

“Luister hier jou klein snert!” skree Johan maar hy praat voor dooiemansdeur.

“Ploeeeeeepppp….”

“Bliksem!” skree hy weer kwaai, Mevrou Muller staar hom verbaas aan, diep binne hom, weet hy Johan, dat elke minuut nou belangrik is.

“Wat is dit, lewe sy nog Kaptein?” vra Mevrou Muller bekommerd..

“Ja sy lewe nog, maar hy soek R50-000 en ‘n helikopter om hom weg te vat, elke minuut is kosbaar, ons moet dit kry, oor vyftig minute soek hy dit, anders martel en breek hy elke been in daai arme kind se liggaam,” antwoord hy reguit, en gee nie eers vir Mevrou Muller kans om terug te antwoord nie.

“Ek is jammer mevrou Muller, maar tyd is kosbaar nou, ek het ‘n paar oproepe maak, maar weet verseker vanaand is jou dogter weer veilig tuis, al is dit die laaste ding wat ek doen, en al word ek die dooie liggaam” belowe hy toe hy weer begin praat, hy is nou erg gespanne, hy kan nie weer dat ‘n kind sterf en hy kon dit help nie.

Daai uur was vir hom die langste nog in sy hele loopbaan as polisieman, maar dit het tog spoedig verby gegaan, hulle weet waar die ontvoerder hom bevind, hy het nie gesê nie maar hulle het hom opgespoer deur die oproep na Van Schalkwyk te trys. Een uur daai middag stop hy alleen daar by die ou winkelsentrum wat afgebreek is, die jonge tiener dogter word daar gyselaar gehou. Hy is alleen, of so lyk dit want anders doen die ontvoerder dalk die wreedste ding as hy ander polisiemanne sien, hy klim uit sy kar en stap die ou gebou in, sy snipers is agter hom, hulle het hulself weggesteek.

“Hallo hier is die geld, die helikopter het al tien minute terug hier langs die gebou geland”
Roep Johan, die donker gebou eggo baie, en al wat hy hoor is voetstappe, vier om presies te wees, ten minste weet hy die kind lewe nog, die onvoerder is slim, hy beweeg baie die snipers het nooit ‘n skoon skoot op hom nie, die dogter is of in die pad of die ontvoerder is agter ‘n groot onderwerp en kan nie gesien word nie.

“Bravo 3, ek kry nie ‘n skoon skoot nie, wag vir die order om volgende toe doen”

“Echo, Oscar 5 staan tydelik terug” antwoord Johan op die radio.

Die man met die dogter kom toe uitgestap na ‘n ruk na Van Schalkwyk toe, maar die ontvoerder hou sy rewolwer teen haar kop, Johan gooi vir hom die geld, hy los die dogter, sy hardloop eintlik van angs en vrees na Johan toe.

“Skoon skoot, skoon skoot!” skree iemand oor die radio

“Skiet Echo Oscar 1, skiet hom!”

“Doef doef doef” gaan die skote af.

Stilte………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Johan hou die dogter styf teen hom vas in ‘n halwe druk, sy is verskriklik verwilderd en baie bang, die ontvoerder word my ‘n kopskoot uitgehaal en val dood op die toneel neer, terwyl Van Schalkwyk uit die gebou stap met haar lui sy foon en hy antwoord.

“Van Schalkwyk, hallo!”

“Dis ek Teresa, die dogter se ma is hier en wil haar sien, is die misdaad toneel veilig?” vra Johan se sekretaresse.

“Ja dis veilig, stuur haar ma hierheen” antwoord Johan terug.
En na ongeveer vyftien minute toe kom Mevrou Muller daar aan en kan nie genoeg vir Kaptein Van Schalkwyk dankie sê nie, sy het reeds eerste vrede gemaak met haar dogter en haar getroos en probeer genees waar haar dogter seer het, soos wat sy vroeër gedagdroom het.

Die Einde,,,,,

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed