JESUS GENEES
JESUS GENEES Het jy iewers seer? Gaan nou na Jesus – Hy genees. Gaan in die Gees terug na daardie pyn-ervaring toe, jou hand in God se hand. Gaan staan weer daar. Ervaar dit weer soos wat dit was…. Jy sal die stem van Jesus hoor: My kind, Ek is by jou. Ek wil jou […]
SKERWE
SKERWE daar’s skerwe aan jou voet en trane in jou oë jou kosbaarste het uit jou hand geglip jy tel die skerwe op en neem dit na die Heer jy kom tot rus in Hom
JOU GLIMLAG HET VERDWYN
JOU GLIMLAG HET VERDWYN Jou seer slaan teen my vas – jou glimlag het verdwyn. Die seer kom uit jou hele jy – jou glimlag het verdwyn. O, deur ons trane heen kan ons nog lag, want ons behoort aan Jesus. Deur ons trane heen kan ons nog juig, want Jesus leef!
Oudweesseer se koue…
‘n Donkerbringend’skaduwee vee tydsaam oor die gang en skemer daglig tot ‘n donkerte wat later pikswart, maanloos, sterloos oor valleie en in waterstrome hang. Saans word daar ‘n kers gebrand -nie vir fees of hart se klopverwagtings nie, maar bang om mens-alleen alleen te wees- om jonkweesskimme te verban; skimme wat eens mensgesigte was, nou […]
Bloot menslik
ons is almal maar net mense ons maak foute ons kry seer stamp ons koppe kwes ons harte te onbeholpe, om te leer en ons krenk mekaar se egos ons kan onsself nie keer staan dan skansloos teen die terughou met bitter min, of klein verweer ons is almal maar net mense ons het letsels […]
Alles of niks
warm is my huis se glimlag wanneer jy vol berou indraf getrou sal ek jou storie volg aanbiddend my klein rol vertolk en wanneer jy weer weg is, móét ek wonder of jy hiermee groet my vrese sal ek vir jou verloën kwellinkies toor jy weg met ‘n soen ‘n rooi roos, ‘n takkie jasmyn […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
Die uil en die skoppensboer
Deborah het voor al die ander inwoners geweet dat daar dié aand weer ‘n uil op pad is. ‘n Mens se lewe bestaan tog net uit twee tye: voor die uile kom en ná hulle gekom het. Party se uile is altyd naby en sweef geruisloos saam met hulle deur die leed van die lewe […]
Asemnood
Dorre duinesand uit Namibs woestyn ‘t my verkorrel na pyn brokstukke uit my siel geruk met onheilswind wat ruk en pluk Van engele en krag verlaat ‘wyl my asem verdamp in gas om iewers rond te swerf daar waar ‘k nou stadig in asemnood sterf Wees dan stil my siel wees stil tot God ‘wyl […]