oorvol
soos die son suid skuif word my duin al hoe warmer weke gelede was dit onplesierig nou word dit heerlike lente elke nuwe dag van sonnige weer bring meer en meer vakansiegangers elke naweek is ons dorpie baie meer besig daarmee saam kom die kriminele vir my as vaste inwoner is daar aanpassings om te […]
Ver weg van die stad se geraas
Woordtelling 482 Stergradering Silwer Dit was die geskree-gesprek tussen politikusse wat my moertjie net nog ʼn fraksie stywer laat draai het. Hubby kan nie sonder RSG se Monitor program klaarkom nie en ek is al vergete dik vir die onophoudelike Corona verslaggewing – so al asof daar niks anders in die wêreld gebeur nie. Daagliks […]
ʼn Boog vir Hartbeespoortdam
Ons was seker al ʼn honderd maal by Hartbeespoortdam en het elke keer onderdeur daardie boog gery, min wetende wat dit eintlik verteenwoordig. Dit was egter die blanke pioniers wat gedurende 1836 die potensiaal van die water raakgesien en die idee gevorm het om dit te ontgin. Riviere en poele se vloei is verander en […]
Huistoe Paaie
paaie na huise gaan oor baie brue huur van karre hoë vliegtuig kaartjies. almal is verslae as nuwe huistoe paaie ander uitvlugte na die huishart van elke siel gevind moet word. die oplossing is verskuifing van die feite na nuwe lêplekke met meskien minder dorings.
Sprake van hoop
(goud) Sprake van hoop o perste, perste vygie o doring aalwynblaar kyk hoe rus die Bolandberge sommer net maar daar o dynserige vertes o ligsteblouste lug swerfplek vir windswawels so-heen-toe en terug o eens verlate vlaktes o uitgestrekte land deur wind en water hier gekerwe tot krans, tot klip, tot sand o soele, soele lentedag […]
Oor Pearly Beach (’n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley Ek loop vanoggend met ’n voetpad langs deur skouerhoogte strandveldbos oor gladgeskuurde klippies (deur die eeue hier gelos) tot op die wye ope strand. Ek sou ewig hier wou bly, as ek kon. Op hierdie plek waar branders sonder ophou oor die aarde breek (dié plig hul opgelê, wil hul mos teen rotse […]
’n Ruimtetuig vir ’n lentekind
stuur vir my ’n lugballon wat deur die ruimtes swewe verby bome, oor teerpaaie, deur wit wolke wat patroon van hier tot daar waar Tulbagh aan Saronsberg se voete (in die lente) lê en droom want lentekinders kort ’n lugballon wat deur die bloutes wewe: oor koringlande – ryp van aar, plasse water wat weerkaatsings […]
Sprake van hoop
Sprake van hoop o perste, perste vygie o doring aalwynblaar kyk hoe rus die Bolandberge sommer net maar daar o dynserige vertes o ligsteblouste lug swerfplek vir windswawels so-heen-toe en terug o eens verlate vlaktes o uitgestrekte land deur wind en water hier gekerwe tot krans, tot klip, tot sand o soele, soele lentedag o […]