Lied van die natuur
“As ek moeg word vir die lewe in die stad …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Dit het ek weereens besef toe manlief uit die bloute voorstel dat ons vir ‘n […]
As Duisternis na Lig verander
As ons daaroor dink, moes ons die blokkade vroeër opgestel het. Toe ons begin bekommerd raak het, was dit al te laat: die koue het in ons stad ingeglip. Dit is wat gebeur as jy dink dat vampiere net tot die ryk van die onwerklike behoort. Die ster val uit my greep. Die are op […]
Toe ek kind was
(goud) stuur vir my ’n dagbreek uit die Vrystaat ’n vyfuur-in-die-oggend se breek-my-hart-so-mooi en stuur die eerste goue strale wat grasvelde verroes tot byna rooi * ek sit hier in ’n kamer, ek kry chemo; Simonsberg (soos altyd) in my sig * maar soms verlang ek net na Vrystate en vlaktes – die bloekoms, die […]
Vergelegen
(silwer) Vergelegen se ingevoerde kamfers staan al driehonderd jaar onveranderd. Hulle was maar altyd hier. Die herehuis ook. Van der Stel het haar in die lewe gebring – sorgvuldig, mildelik voorsien deur die VOC – maar later is sy verwaarloos, selfs onteer deur die kitsch van ‘n Ier, gelukkig dat Lady Phillips haar twee eeue […]
Sneeuman
Iewers in die sneeu probeer iemand regop kom, skuif-skuif en kreun-kreun om weer te probeer. Net sodra hy regop staan gly sy een voet voor hom uit en slaan hy weer neer. Dis ‘n ouerig oom met ‘n koddige hoedjie op sy kop, dalk ‘n Fransman of Italianer. Die ski spane is styf in sy […]
RESENSIE: Die rolprent, Die laaste Voetganger
RESENSIE: Die laaste Voetganger Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens as die verloftyd aanbreek. Eindelik, eindelik kan hy rêrig wegbreek […]
Die laaste Voetganger
Die laaste Voetganger Die laaste Voetganger Die laaste Voetganger
Op reis: Dag 5; George (nogsteeds)
Tannie Olla is ingekleur. Haar vel is amper donkerbruin en haar hare net voor swart. Dit is nie al van Tannie Olla wat ingekleur is nie. Haar plat plattelandse Afrikaans gaan haal sy met draaie doer in die ou Kaap. Haar aksent verfraai en verfrommel met sy sêgoed in sy suiwerste mees bedoelde letterlike gebruik. […]
Op reis: Dag2; Beaufort-Wes
Vandag was lank. Alhoewel die rit minder uitputtend was, is ek vanaand teen die teer —wou selfs al omkap toe ek in die restaurant gesit en smul het aan my lam, slaai en rooiwyn. Dit is die tweede hoofete in ’n ry wat ek ‘n gedeelte van ‘n skaap verorber … ek sal weer môre […]
Oom Huilwa, Ta’ Brieka en die walvis
Ek gaan nou nie so ongeskik wees om te sê Oom Huilwal was lelik nie. Ek gaan maar net sê sy gesig was onnetjies. Dit het half gevoel of al die parte op sy gesig nie mooi gesit het waar hulle moes sit nie. Ek kan ook nie veel meer sê van Ta’ Brieka nie. […]