1: OP DIE YSBAAN
Die winter is n regte man, 1: OP DIE YSBAAN [245 woorde] In die loop van meer as veertig jare Europese winter het ek elke moontlike weer in die verskillendste omgewings beleef. Van die koudste koud wat denkbaar is, tot soele „groengeverfde somer”. Die kinderrympie sê: Die winter is ‘n regte man; wat hy doen, […]
Ok maar lekker stupid!
Dit gebeur mos maar dikwels dat die winter ons saggies bekruip en Ano is nog lank nie gereed met haar winter kleertjies nie. Die goed is tog so diep weggepak en as luiheid ʼn kolletjie was, was hierdie mens seker lankal net een groot blerts. Die koue moet mos eers behoorlik byt voordat die groot […]
Verskroeide land
die aarde lê verraai onder mensevoet hulle sien kwansuis die uitsonderlike raak tog bly die hemel doofstom en wolke – die wolke breek in wit terwyl die son dooierus vat oor die daaglikse goed verstrooid – gewring; swaar gewond onder haat en nyd van die mensdom dis dan wat my woorde uit die son se […]
Resensie: DIE LAASTE VOETGANGER, die film
RESENSIE: Die laaste Voetganger [Hersiene, verbeterde, GELDIGE uitgawe] Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens as die verloftyd aanbreek. Eindelik, eindelik […]
Ma Wees
Ma Wees!? Soms is niks goed genoeg nie, soms is heeltemal teveel nie eens goed genoeg nie. Ek sit en wonder, hoeveel vrouens (ek bedoel ons praat van ma’s) voel vandag, more is dit moedersdag en ek is nie genoeg nie, nie goed genoeg nie, nie mooi genoeg nie, nie maer genoeg nie, nie ryk […]
Moedertjie se dag
So byna versluk en verstik ek aan die soet tee toe Hubby sê hy beheer ons nou. Die ‘ons’ is natuurlik Ano en Guppy, en hierdie mens hou nie van sulke liederlike vloekwoorde nie. Toe hy sien dat ek hom nou ernstig stip aangluur word dit inderhaas reggestel. Nee sien, hy bedoel eerder dat hy […]
Moeder
Moeder ‘n geskenk van God is ‘n moeder sowaar kinders het sy, met liefde, vir manlief gebaar die grootmaak is soms lekker, soms so swaar ons sal haar tere liefde, in ons harte bewaar sou daar fout wees, sal moeder weet hoe die probleem, nou eindlik heet sy het mos oë, van voor en agter […]
Menskardoes
Mengelmoes-menskardoes Ek was die nuwe generasie sprokiesprinses in wording volmaaktheid in vroulike mensvorm gegiet wat voluit kan leef en die lewe geniet die formidale vrou en ma waaroor almal sing. ‘n Vrou wat al die lewensfasette in harmonie bring professioneel ‘n kenner op haar gebied in totaliteit, haar lewe ‘n jubellied wat die volmaaktheid van […]
Bende Bende
(brons) ‘Tweede pouse, vergaderplek nommer vyf. As jy klaar gelees het, skeur die brief op en eet hom. Hierdie boodskap mag nie in die vyand se hande val nie.’ Ek hoef nie weer die briefie, wat ek agter die toiletbak in die vierde toilet van die deur af gevind het, te lees nie. Ek weet […]