Jongste aktiwiteit:

Menskardoes

Mengelmoes-menskardoes

Ek was die nuwe generasie sprokiesprinses in wording
volmaaktheid in vroulike mensvorm gegiet
wat voluit kan leef en die lewe geniet
die formidale vrou en ma waaroor almal sing.
‘n Vrou wat al die lewensfasette in harmonie bring
professioneel ‘n kenner op haar gebied
in totaliteit, haar lewe ‘n jubellied
wat die volmaaktheid van vrouwees besing.

Helaas! Here! Toe het U plan in werking getree
bietjies gehaal uit al die dimensies van vrouwees
in een mengelmoes-menskardoes dit saamgebind
lawwe verskeidenheid, nie volmaaktheid gegee
maar my geleer dat in my onvolmaakte menswees
ek as U kind volkome geluk kan vind!

Elna Kruger 2019
Kopiereg




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed