Winter-haikoe
oral langs die pad duisend sjinese bruide veryste berke
‘n EIKEJAAR
‘n EIKEJAAR Die Duitse spreekwoord sê: „Ek is so woedend, ek kan bome uitpluk!” Nou verbring ek my dae met bome uittrek en oor die heining in die buurvrou se tuin gooi. Hoe sê? Agge nee. Nie driehonderdjarige Van-Riebeek-bome nie. Ook nie soiets soos sypaadjiebome of maar net teruggesnoeide tuinbome nie. ___ƱΩƱ___ Nee, nee, nee! […]
Wie is jou Ikoon
Wie is jou ikoon? Dis vroeg oggend, Pieter maak reg om werk toe te gaan, somer is dit beslis nie meer nie en die winter het ook nog nie regtig kop uit gesteek nie. ‘n Koelerige windjie waai en Pieter hoop dat die winter wat op pad is nie te veel skade gaan doen aan […]
Die waarde van ‘n goeie onderwyser
Gister het ’n boom in my lewe geval. ’n Groot Geelhout in die middel van ’n digte reënwoud. Die blaredak, waar sy eens die sonlig kul-kul van ons af weggehou het, is oopgeruk en hemel kyk onbeskaamd op ons neer. Harsteer wil ek gryp na bedekking wat my dalk nog kan beskerm teen die ongekende […]
Gly-gly so
Dit is so heerlik om weer in die Suidelike Halfrond te kuier, al is dit net vir enkele korte maande. En Somer maak dit ook nie juis makliker nie want deesdae brand hy al hoe warmer en talm al hoe langer. Sodoende word my jaarlikse kuiertjies korter en korter. Teen die tyd wat die dae […]
As my wynglas leeg is.
Ek drink soos ‘n dipsomaan aan die woorde “‘gang”” se tonge te hang die dors wat nooit sal uitdroog die vuurlustigheid van my kors nooit uitblus of ter vergete rond wals ek in my denkwese ‘n Griek ‘n Spartan saam,saam die draak gaan slag in my ontnugtering my voete op die grond vind staan,staan saam […]
Winterkaros
deur ‘n ysige wintersvlug kristal haar asem tiekiedraai en swaai haar yskaros dansend om die knersarms van gestroopte boom en plant wat swart na binne blom dwalend in verwondering deur verstrengelde stoppelgras wat flenter-vlerk knak en buig verkrummeld op die aarde neersyg terwyl stingels smagtend op ‘n nuwe lente wag soos ‘n vergeelde foto hang […]
Hoe lyk jou voetspore?
Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op ons tyd, intellek en vermoëns. Ons beweeg tussen mense ‘n groot gedeelte van die dag, raak betrokke by groepe, leer almal ken of stoot mense weg na gelang van die situasie. Ons kommunikeer, deel gedagtes, lag, huil en skinder soms […]
3: MY LEKKERSTE EUROPESE WINTER
Die winter is n regte man, 3: MY LEKKERSTE EUROPESE WINTER [243 woorde] In Europa is die winter, soos bekend, koud. Daar’s niks aan te torring nie: Koud! Soos toe „Opa” hom in die warmtestraler (Engl. Radiator) so erg verbrand het dat die letsels nog ná Nuwejaar te sien was. Dis nie altyd so koud […]
2: MET, OF HEUNINGWYN
Die winter is n regte man, 2: MET, OF HEUNINGWYN [245 WOORDE] Die koudste wat ek ooit gekry het was die Kersfees toe ons kleinkinders met al die besoekooms en -tantes ‘n „sneeuwandeling” gemaak het en die dowwe „Opa” moes saam. „Koud is die windjie en skraal, en daarbuite. . .” En daarbuite kom Opa […]