Jongste aktiwiteit:

‘n EIKEJAAR

‘n EIKEJAAR
Die Duitse spreekwoord sê: „Ek is so woedend, ek kan bome uitpluk!” Nou verbring ek my dae met bome uittrek en oor die heining in die buurvrou se tuin gooi.
Hoe sê? Agge nee. Nie driehonderdjarige Van-Riebeek-bome nie. Ook nie soiets soos sypaadjiebome of maar net teruggesnoeide tuinbome nie.
___ƱΩƱ___
Nee, nee, nee! Verlede jaar was ‘n eikejaar en alle eikebome hier by ons het okkerneute aangeset dat dit waarlik ‘n plaag geword het. Toe hulle in die herfs (so Oktober, November) ondertoe kom, het dit geleentlik soos hael op die dak geklink. Nie elke dag nie maar geleentlik tog. En as ons wou buite sit en koffie drink, was dit gevaarlik nie, maar awontuurlik ja.
Die goeters het werklikwaar diggesaai op die grond gelê. In die vlak holtetjies glad twee, drie lae oormekaar. Ek lieg nie. Toe ons na die inkoop huistoe kom, was dit moeilik met swaar sakke en iets onder die arm vasgeklem van die motor tot die agterdeur deur te kom sonder om uit te gly. Amper soos in winter met die ysgevaar kan mens sê. Ons het saamgeskraap en emmersvol op die ander buurman se uitvaldriehoek, waar hy nie kan ploeg nie, omgedop. Vir die reebokkies, as wintervoorraad, mos. Nie genoeg gedaan nie: Toe ons in die lente (so Maart, April) in die tuin staan en rook, dan skarrel mens met jou voet oor die grond en – knip, knip, knip – peul jy die okkertjies van die reeds bestaande worteltjies af. Nog altyd nie genoeg gedaan nie, en jy peul die dinge uit die aarde soos jy omgraaf vir die geelwortels of slaai of aardappels of watokal se beet.
O, gaats! Daar het ons die grasperk vergeet – en daar staan hulle soos die vrolike wildkruie (by ons IS daar geen onkruid nie) op die braakgrond by Oom Andries-hulle. En so bring ek my dae deur (om!) met klein akkerboompies uittrek en in die komposblik gooi. Ons het mos „getrennte Müll” = verskillende blikke of sakke vir verskillende soorte afval. Geel sakke vir die plastiek en verpakkings, grys blik vir die huisvuilis, blou blik vir papier en kartons en ‘n bruine vir tuin- en kombuis-afval.
Dis nie net by ons op die perseel nie, ofskoon ons self ‘n halfdosyn eikebome het, maar elke buurperseel het minstens een eikeboom, ook op die sypaadjies staan hulle. Ja, tot in ons „Kleinstadt” (dorp). In die parks en swembadterreine, oral. Ons het opgehou om te kla: Dit is maar so, en daar’s niks wat jy kan doen nie. Buiten bome uitpluk. Nie uit woede nie, uit selfverdediging.
Maar eindelik is die „Rasentrecker” (= opsitmaaieer) terug van die reparasie en ek het die hele halwe voormiddag alles op ses sentimeters afgeskeer en kyk nou met wollus op die versteurde landskap wat ek agtergelaat het. (Daai ding met die buurvrou: Laat dit maar ons geheimpie wees. Nè?)
©19e.Junie2019___ƱΩƱ___…………tje……




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed