Jongste aktiwiteit:

Gly-gly so

Dit is so heerlik om weer in die Suidelike Halfrond te kuier, al is dit net vir enkele korte maande. En Somer maak dit ook nie juis makliker nie want deesdae brand hy al hoe warmer en talm al hoe langer. Sodoende word my jaarlikse kuiertjies korter en korter. Teen die tyd wat die dae op hul kortste is, het ek nog nie eens werklik die geleentheid gekry om behoorlik met my ysige vingers aan die landskap te raak nie.

Ek blaas my asem lank en stadig uit en glimlag wanneer die mense hul krae al hoe stywer om hul nekke vasklou. Op stil nagte kry die doudruppels kans om te vries en ʼn pragtige glybaan word sigbaar terwyl die nuwe dag stadig ontwaak. Nou wag ek net vir Guppy en haar Miesies om op te daag. Dit mag dalkies tog ʼn prettige dag wees!

En sowaar, presies op tyd kom die tweetjies aangestap. Miesies lyk soos ʼn opgestopte wors en Guppy het nie ʼn saak met my ysige asem nie want sy swem asof die dam nog voor vanaand sal opdroog. Ampertjies daar. Ja so wraggies, daar trap hulle netjies in my strik! Guppy spring agter ʼn oorgretige brakkie aan en Miesies gly-val teen die gladde wal af, arms swaaiend in die lug vir balans. Nou moet sy nog net…. wag ʼn bietjie, ja… daar gebeur dit. Voete netjies onder haar uitgegly, bene in die lug en kop teen die grond. Hiehiehie. Altyd die beste-beste tyd van die jaar.

WQoordtelling 250
Stergradering Brons




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak