droom in turkoois
droom in turkoois met ons neuse blinkwit van sonbrandroom toegedraai in die geur van goue kokosneutolie wieg ons saam oor turkoois en indigo golwe besigtig ons hoe dolfyne boogspring – ek en jy op “Meeru Island” se love boat in die Maledive visse lint kronkelend deur ons bene in vlakwater vroegoggend muesli joghurt en stroopsoet […]
Tanka 3
(Brons) op Nuwejaar se drumpel talm ek huiwerig skugter grootoog bang hoor ek nuwe drome lag sien nuwe beloftes wink ©Marlene Erasmus 31/01/2019
Tanka 2
(goud) immer edeltin en bruis die oseane, baar kraakvars branders wat die nuwe dae groet – soutwater word vonkelwyn © Carma Shaw 28 Januarie 2019 4:52
Asië vier Nuwejaar
Oral ter wêreld word die Chinese Nuwejaar op die tweede nuwemaan (donkermaan) na die langste dag van die jaar (of die kortste dag as jy in die noordelike halfrond is) gevier. Dit val tussen 20 Januarie en 20 Februarie. Die Chinese Nuwejaar staan ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar en is ʼn baie belangrike […]
Die wêreld is aan die verander
My hart was diep bedruk omdat Buurdorp strome reën (of seën) kry, maar hier bly dit kurkdroog. Ongeag dat ons veronderstel is om midde-in die reënseisoen te staan, word die swembad word al hoe leër en die gras begin plek-plek vergeel. Dit gebeur toe ook dat ons laat een nag kennis kry dat Buurdorp ʼn […]
VERASSING OP VERASSING
Uit die bloute vra Bokka: ‘Wat gaan ons doen vir jou verjaardag? Dit is after all die groot ses.’ ‘Nee, man, wat vir ’n vraag is dit dan? Ons kom nou net terug van die toer na Italië! Ons het mos ooreengekom; dis vir ons al twee se verjaarsdae. En dit het ’n kleinhuisie vol […]
Oums se meisiekind
Narissa woon in Modderpoort – daar waar die beeste áldag wei deur die lang gras van die Vrystaat en in paadjies by haar huis verby. Hoe blou is tog haar ogies en haar haartjies fyn en blond; haar lippies alte rosig, haar wange soensag en gerond. Sy het ’n babasussie (die kleine Luandé) en wanneer […]
Plesierigheid
Kalender van voor Blommekroon versierings dra Voornemens optel Met wingerdsap vir plesier Dans almal onder die maan
30 Skakerings van Grys
30 Skakerings van Grys Die waarheid is seker dat elkeen iewers in sy lewe begin besef dat hy nie vir ewig kan aanhou om leuens op te dis nie. Die ding is, hoe langer dit aanhou, hoe minder word hierdie stories in elk geval geglo, tog aanvaar ons dit so maklik en soms word dit […]