Pols en Klank
Karre vleg ongeduldig deurmekaar, terwyl trokke, swaargelaai, kruie. Toeters blaas en hande beduie na die asprisse taxi wat bly staan. Dis ‘n ongemerkte halte waar hy wag, dat tydsame, ronde breë heuplywe wurgend tussen ander deur skuiwe en plomp tot rus kom langs die pad. Tussen skewe, manke huise saamgeflans uit sink en hout, verdwyn […]
Flenter-vlerke van liefde
Flenter-vlerke van liefde deur die vloedgolf van vele dae het ons twee saam begin stap en midde-in die veertigdae storm het die tortel my vrede met ‘n botselgroen olyftak aangebring op die offertafel van jou liefde het jy my die ram in die doringbos gewys daar waar jy turend in die Braambos kaalvoetspore van genade […]
Ek Skryf Vir Jou ‘n Storie
Ek skryf vir jou ‘n gordyn-oopmaak-storie, ‘n storie wat die sonlig van die morestond diep in jou hart laat skyn, wat die koue van die nag soos die oggendmis oor die veld laat verdwyn. Ek skryf vir jou ‘n vars-grond-na-die-reën-ruik-storie wat jou hart kan was soos ‘n hoëveld donderstorm die veld laat blink en die […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
een dag ewig
waar mooi en goed in ‘n fees son, maan en sterre onthaal vlees en bloed nie meer wees daar waar Lig uit alles straal waar siele mekaar weer vind mekaar in blye vreugde groet saam loof en prys aan Sy voet niemand hulle meer kan bind dit is waar ek graag wil wees een-dag met […]
Jy
Jou smaak op my tong is ounag onthou van kreunlê en oorgee, van lywe verstrengel in oertrommelritme Waar klanke in kleure vervloei en vermeng as my vingers jou hartstog se skadus verken En my oë jou siel voel, die sagsoet tekstuur tot jou kolkende dieptes soos lawa oorspoel oor jou soel-soepel kurwes en donker valleie […]
Verslane loutering
my menswees se loutering lê in die blou weerkaatsing van my oë – in die klop van my witsandhart soos ‘n eggo oor die ronding van ‘n duin daar waar my drome toegewaai lê loop my spore afge-ets op klam sand onder soutlug as nostalgie my na die bloudam jaag soekend na lang vergete illusies […]