April 2017 projek – Ope projek
In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit […]
Dringende gesprekvoering met alle aktiewe INK-lede
Ek wil graag ‘n situasie aanspreek en versoek dat alle aktiewe lede hierdie gorrel sal lees en in die kommentaarspasie reaksie hierop lewer. Of stuur n privaat boodskap op INK sou u dit so verkies. Ek wil allereers net aan elke lid die versekering gee dat elke lid van INK belangrik is en dat ons […]
Ek sal onthou
as die wolke pers word bo die gras wat groen soos dit hierdie seisoen in die Vrystaat doen as die see haar branders laat skuim oor die sand ek weer kaalvoet loop oor ‘n blinkwater strand as die lug so newel en die berg verbloem maar my najaarsaalwyn oranje lemoen as swawels sweef oor die […]
WENNERS: – LIEFDE -PROJEK: FEBRUARIE 2017
Baie geluk aan die volgende wenners!! GEDIGTE: 1. Hermien Strumpher met Pasmaat 2. Loretta Szikra met Ek sal jou liefhê tot… 3. Barbara Smit met Doolhof van my liefde VERHALE: Geen Baie geluk aan hierdie 3 digters Inkgroete
Maart 2017 projek – Menseregte en morele wysheid
Aangesien ons die maand betree waarin elke Suid Afrikaner sy of haar mensereg en morele wysheid kan vier het ons dit goed gedink om dit as onderliggende tema te gebruik vir hierdie maand se projek. Die reëls om hieraan deel te neem: 1.Daar is geen spesifieke titel of tema nie maar dit moet onderliggend aan […]
Hoe kry Mens ‘n nuwe Vriend?
Hoe kry Mens ‘n nuwe Vriend? Ek? Ek klim in my motor en maak ’n ongeluk. Ek ry byvoorbeeld Sondagnamiddag uit die stad uit, kies ’n rustige restourant in die koelte van die bloekombome op ‘n dorpie om ’n ietsie te eet en ’n biertjie te drink, miskien in die koerant te loer. Ek maak […]
WENNERS: – INK gedenkbundel (Des & Jan projek)
Dit was een van die moeilikste projekte ooit om te beoordeel en ek, as moderator, wil elkeen bedank wat betrokke was vir die geweldige hoë standaard van al die inskrywings. Baie geluk aan die volgende digters en skrywers!! GEDIGTE: 1 ste: Anzé Bezuidenhout: Ligkaatser 2 de: Viooltjie: Verby die berge blou 3 de: Hermien Strumpher: […]
Die Beskermer
Daphne maak of sy flou val en dadelik het sy die volle aandag van die bestuurders van die trokkies wat kos na een of ander geleentheid vat. Behalwe vir hulle, was die straat tussen die hoë geboue heeltemal leeg. Haar strik werk en die twee mans hardloop dadelik na haar toe. Terwyl hulle ‘n ophef […]
Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]
Resensie: MY HART DANS, die film
My Hart dans, die film ‘n Seuntjie kom in die winkel om kaas te koop; die winkelier is besig met pryse uitreken met ‘n leweransier. „Hoeveel kos drie-honderd kilogram van dit-en-dit teen soveel-en-soveel ‘n kilo? En twee-duisend liter van dat? En dat…? En dat…? Nou my kind?” Soos uit ‘n pistool kom die antwoord geskiet, […]