Vriende
vrienskappe is kosbaar soos diepsee pêrels vasgestring in snoere van mooi onthou geeneen van hulle is dieselfde nie maar tog is elkeen in my hart se klop toegevou Party is die kleur van ‘n wilde angelier ander weer die blou van ‘n koringblom gedagtes vloei soos riviere sonder end bly herinneringe aan hul liefde my […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]
Kelkiewyn*
Hoe wit is die wit sneeu en hoe swart jou swart jas. Jy glimlag soos gister toe jy nog hier was. Onthou . . . bottergeel vlinders vlinder immer verby die lillablou blomme wat elke somer gedy. Hier wag skilferbasbome – wat wyd alom kroon – waarin houtkappers, duiwe en meelogies woon. Na elke lang […]
Geel Magrietjie Vrou
Ek sien jou in rooi, en ek sien jou in blou, maar geel is die mooiste waarvan ek hou. jy sweef, kantel en dartel in my gees, ai my vriendin jy is deel van my onthou se vlees. Jou oë se blou les die dors in my onthou, glimlag se rooi gee die monsters in […]
RESENSIE; JIMMY se SAAL, die film
Hier word op entoesiastiese manier die ware lewensdrama van James Gralton (1886 – 1945) vertel, die enigste gebore Ier wat ooit uit sy tuisland gedeporteer is. Die 23-jarige Jimmy Gralton het, ná stryery met die kerk en die grondbarone na die VSA geëmigreer. Toe keer hy na sy pa se dood uit amerikaanse „eksiel” terug, […]
Die reën is in die rym
Vanoggend koer die duiwe weer in kanon in die Kaap. Die populiere langs die boulevard se blare kroon in eindjaargroen. Maar daar by jou is dit net sand en kluit en klip. Ek wis jou hande hunker om oor die halms van lang gras te streel, jou palms – om ‘n pluim van saad te […]
Wenners van die November (‘n Stem vir Gesondheid) projek
Gedigte afdeling: 1.Anzé Bezuidenhout met Guillain-barré 2.Anzé Bezuidenhout met Genade van ‘n insulien naal’ 3.Koekekranka met Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue Algemeen / Gorrel: 1.Agie met Liewe Pa Rubrieke agdeling: 1.Arnold van Zyl met Ek bly nog ‘n vrou Verhale afdeling: 1.Helena Mellet met Ouma se drome Baie geluk aan hierdie 5 digters/skrywers!
Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel
Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL! Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde […]
Saphira se Jeukerige Rowe
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop onrustig deur die kasteel. Sy sien goed in die klipgange wat nie regtig daar is nie. Sy soek wat vermis is al glip dit weg voordat sy dit kan bereik. Sy hou aan hiermee totdat sy ingehok begin voel. Sy gaan uit in die kasteelmuur en loop rond tussen die […]
Vir wie belangstel – Nog ‘n skryf kompetisie
Kilian&Malherbe Uitgewers gaan in samewerking met Kalahari internet radio en MRPTV live ‘n kompetisie loods met ‘n kinkel of twee. Ons soek die Digbundel of boek van die jaar. Daar is twee kategorieë nl Digbundel en Kortverhaal/roman van die jaar. Vereistes: Jou titel [van groot belang] Jy stel jou bundel/boek saam. Jy ontwerp jou eie […]