Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie
en ek’s jammer vir jou skape en ek’s jammer oor die bees die somers was nou drie jaar lank net veels te droog gewees ek weet die vleie loop nie en die veld is dor en vaal ek wis die son se skroei sal nog die laaste lewe uit selfs ‘n bitterbos kan haal maar […]
Saphira en die Toorlied
Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag. Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling is swanger en het ‘n gesonde aptyt. As sy moet wag […]
Wenners van die Oktober projek
Gedigte afdeling: 1. Agie met Paasgebed 2. Palet met Deur droogte vermin 3. Anzé Bezuidenhout met Alcatraz Algemeen / Gorrel: 1.Agie met Die rok Rubrieke agdeling: 1.Agie met wie is almal Verhale afdeling: 1.Agie met Ouetehuis se voet Baie geluk aan hierdie 3 digters/skrywers!
Die tweede skryf kompetisie op INK het afgeskop!
Die kompetisie loop van 1 November 2016 tot 30 Junie 2017. Kilian & Malherbe borg die tweede skryf kompetisie op INK. Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en […]
November projek – ‘n Stem vir Gesondheid – 1 Nov tot 30 Okt 2016
Die stem van die digter / skrywer is seker een van die oudste en magtigste sosiale wapens waarmee ons samelewing te doen het. Die digter / skrywer gebruik hul stem om verandering te bring en daarom is hierdie maand se opdrag: ‘n Stem vir Gesondheid. November maand word gekenmerk deur ‘n veldtog genaamd ‘Movember’ waar […]
Cindy
Ons was jonk en naïef, jy was blonde met ‘n mooi engel gesiggie, en ek was hals oor kop verlief, my stief oupa se boetie se kind, so eintlik my vêrlangse, baie vêrlangse soort van ‘n niggie. Soentjies blaas was ons ding, onder die lapa het ons gedans, want jou pa het verjaar, ek het […]
MY LIEWE VRIENDIN
(ń) Meisie het ek eendag ontmoet, sy het skaam geglimlag,en my gegroet. Leerklere wou sy dra, en ek het maar min vrae gevra. Yolanda was haar naam, en die swart “make-up” kon ek nooit verstaan. Haar persoonlikheid het almal bekoor, menigte mans het hul harte op haar verloor. Ons albei het groot geword, ons harte […]
Ink se Gala aand word bespreek op Afrikaans.com
Volg gerus die skakel en kom lees saam aan Afrikaans.com se artikel oor INK . . . http://www.afrikaans.com/news-headlines/beleef/ink
Stormnimfe en Meerminne
Madelein kners op haar tande. Dis al hoe sy haar gevoelens kan inhou. Barry is so opgewonde soos ‘n kind om op die boot te klim. Sy, daarenteen, is al moeg vir die hele toer deur die Kaap. Dalk as hulle dit in kleiner sarsies aangepak het… Sy kyk op na die lug. Die wolke […]
Gala aand 22 Oktober 2016
Die groot aand het gekom en ook gegaan. Danksy julle teenwoordigheid was dit ‘n reuse sukses. Hiermee deel ons graag die wenners in elke kategorie met julle: Wenners (Skryf kompetisie) : Marleo boekprys & Anton Killian skildery Kortlys vir digbundels was: Almarie Truter met Kaalvoet maan Carma Shaw met Vuurspoor Elizabeth Greef met Waterlelie se […]