Nog net 1 dag!!!! UITNODIGING NA DIE PRESTIGE GALA-AAND 22 OKTOBER 2016
Alle reëlings rondom die gala-aand is in plek en getref. Geliewe daarop te let dat daar ‘n paar ekstra plekke bespreek is vir lede wat dit graag sal wil bywoon maar nog nie geantwoord het nie. ONS HET NOG NET 4 SITPLEKKE OOP! Onthou elke leser en publiseerder is welkom om die funksie by te […]
WILDSPASTEI (INGEWY)
(Resep Gedig vir Giel Visser en sy geweer) Hierdie bok vleisies behoort genoeg te wees vir 4 – 6 mensies. Tyd is egter ietwat lank, so lees jou koerant solank op die bank. Voor jy daar loop sit en lees, hierdie moet eers alles in die stoomdrukker wees: ‘n Halwe botteltjie koljander 3 skutte Naeltjies […]
Net voordat jy gaan (2)
Jy kyk op jou horlosie, ek wis dis tyd dat jy moet gaan. En ek wéét ek praat te veel, my vriend maar ek wil hê jy moet verstaan; Viooltjies en laventelbos was nog altyd mooi vir my veral vroeg in Oktobermaand as hul só in kleur en geur gedy. Die kwikstert broei haar kuikens […]
Saphira in die Donker Woud
Die stilte van die woud omvou die swart-en-bruin Feetjie Hond. Die baie geraas wat die Feë en mense in Kasteel Campbell maak gaan haar nog mal dryf. Sy kan die mos en varings ruik onder die dennenaalde wat soos fyn reën van die hoë bome af sif. Sy weet dit beteken dat die wind hoog […]
Saphira en die Getoorde Skêre
Saphira loop deur die woelige kasteelmuur. Die grond is goed platgetrap en geen gras kan meer daar gesien word nie. Net die klippaadjie wat van die kasteel na die biblioteek lei breek die bruin eentonigheid. Houtstalle is opgerig vir die perde wat saam met die krygers ingetrek het. Saphira kan die soet strooi ruik. Net […]
Vriendskap
Vriendskap is ‘n skat In die hemel se bank. saamwees tye Skitter elke dag. Met vriendskaps drade aanmekaargebind. Saam dink en doen, in more se onthou-jy-boks geplaas, In kuier tye blink gevryf en uit gehaal. Van vooraf word gelag Oor snaakse dinge saam gedoen. Pyn en seer die is gedeel. Om wonde te verbind, is […]
Dig kompetisie -NB uitgewers (Tafelberg) – Nuwe stemme 6. Sperdatum 30 Nov 2016
Charl-Pierre Naudé is ’n bekroonde digter met vier bundels agter sy naam. Sy eerste bundel, Die nomadiese oomblik, verskyn in 1995 by Tafelberg, en word in 1997 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede bundel, In die geheim van die dag, ontvang in 2005 die M-Net-prys vir Afrikaanse poësie en die Proteaprys vir poësie. Bibi […]
Wenners van die lente projek
Gedigte afdeling: 1. Viooltjie met Ek kom haal jou in Augustus 2. Agie met Lentedans 3. Anzé Bezuidenhout met Lente-kotiljons EERVOLLE VERMELDING: Viooltjie met Lente kom op 4 September, Blameer die lente en Op soek na die lente En ook Cornien met Nog lente in jou hart Baie geluk aan hierdie 4 digters!
Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016
In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie. Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem. Met die aanbreek […]
“Where do you go to, my lovely?”
Ek wandel deur tuine, my liefste – boorde waarin bloeisels gedy en loop deur die doodsnik van winter, Namakwa lê blombont om my. Soms verdwaal ek in dorre woestyne, waar skedels en skepe skelet langs ‘n kus met duisende duine – teen die wind en die weer in verset. Ek stap met ‘n stofpad, beminde […]