Jongste aktiwiteit:

Nog net 1 dag!!!! UITNODIGING NA DIE PRESTIGE GALA-AAND 22 OKTOBER 2016

Alle reëlings rondom die gala-aand is in plek en getref. Geliewe daarop te let dat daar ‘n paar ekstra plekke bespreek is vir lede wat dit graag sal wil bywoon maar nog nie geantwoord het nie. ONS HET NOG NET 4 SITPLEKKE OOP! Onthou elke leser en publiseerder is welkom om die funksie by te woon en ook om gaste saam te bring. Die tyd raak min mense so bespreek so gou as moontlik! Lede wat bevestig het en nog nie hulle geld oorbetaal het nie moet dit asb so gou doenlik doen.

Die kleredrag is streng formeel en word aangebied om 18:00 by die hAp huis, Malherbestr 115, Capitalpark Pretoria. Parkeerplek met motorwagte is gereel reg agter die hAp huis: Die adres is  Venter straat 116 Capital park.

Kostes verbonde vir die funksie sal ‘n bedrag van R150 pp wees wat lewendige vermaak, vonkelwyn, versnapperinge en ‘n ete insluit. Gaste is ook welkom teen R150 pp. Inbetalings vir die funksie kan NOU gedoen word in die INK rekening:

met u naam + GALA as verwysing in die volgende rekening nr:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rek no: 62588595036
Takkode: 260247

Toekennings gaan oorhandig word as volg:

(A) *Digter van die jaar
*Gedig van die jaar

(B) *Skrywer van die jaar
*Verhaal van die jaar

(C) *Rubriekskrywer van die jaar
*Rubriek van die jaar

(D) *Musiek en Liriek

(E)  *Die wenners van die groot skryf kompetisie word ook tydens hierdie funksie bekend gemaak.

Geliewe daarop te let dat dit nie noodwendig die wenner in die kategorie gaan wees wat die plasing van die jaar sal wen nie. Die INK moderators hou die webwerf reg deur die jaar dop vir uitsonderlike plasings in elke afdeling afsonderlik wat in aanmerking sal kom. Daar gaan ook ‘n DVD opname van die gala-aand gemaak word wat belangstellendes sal kan aankoop na die funksie teen ‘n bedrag van R120 per DVD. Meer besonderhede sal later deur gegee word, maar julle kan nou al bestellings plaas.

As u dalk bereid is dat van die ander INK lede uit u omgewing saam met jou kan ry en julle so kostes kan spaar, kontak my asb per e-pos.

Indien jy die gala aand wil bywoon stuur asb ‘n e-pos aan skryfafrikaans@ink.org.za . Ons wil so graag elke INK lid in persoon ontmoet!




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed