Jongste aktiwiteit:

November projek – ‘n Stem vir Gesondheid – 1 Nov tot 30 Okt 2016

Die stem van die digter / skrywer is seker een van die oudste en magtigste sosiale wapens waarmee ons samelewing te doen het. Die digter / skrywer gebruik hul stem om verandering te bring en daarom is hierdie maand se opdrag: ‘n Stem vir Gesondheid.

November maand word gekenmerk deur ‘n veldtog genaamd ‘Movember’ waar mense die lig op kanker laat skyn.

Ons wil graag hê die digters moet ‘n gedig skryf in ‘n Engelse Sonnet-vorm waarin jy ‘n siektetoestand aanspreek wat jou na aan die hart lê. Bv. Kanker, Alzheimers ens.

Die skrywers kan iets oor ‘n siektestoestand wat jou na aan die hart lê skryf.

Engelse sonnet  / Shakespear Sonnet (14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.
sonnette se versreëls is dikwels korter/ meer beknop ( die klassieke sonnette het net 5 versvoete/ 10 lettergrepe elk

Dit klink effe neerslagtig, maar dit is ‘n nodige proses waaraan elke digter / skrywer behoort deel te neem.

Ons daag elkeen uit om hierdie uitdaging te aanvaar en te wys wat daar in julle stem, én pen steek.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed